Divided by a common language

  • 0

Julle sê jy
Ons sê djy
Julle sê djou
As julle af will af-show
En ons probeer namaak
Maar wiet julle wat?
Julle maak julle laat
Dit bly jou, al is dit djy! 

Dis net djou as mense van “djy en djou” praat
 
Ons ou mense sê “djou”
As hulle praat van kinners wat nie maniere het nie
En nie weet hoe om grootmense aan te spreek nie
Anners bly dit jou, al sê ons djy.
 
Ons sê tette; julle sê tiette
Vir ons is ‘n tiettie
Die opposite van ‘n boeia
‘n Boeia met ‘n koefea
En ‘n tiettie met ‘n doekie
 
Andersins praat ons dieselle taal
Niemand sal verdwaal
As ons mekaar directions moet vra

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top