Ditjies en datjies vir Jaco Fourie ...

  • 0

Ek wil nie veel seg oor jou opsomming ivm die uwe nie, of enige moontlike komplimente oor my skryfstyl nie (backhanded compliments is nou nie juis deel van my styl nie) tog ... ek geniet die manier waarop jy die banier swaai vir gay mans, en hoe jy telkens die toffies (dis nou die teenoorgestelde van moffie – hahaha, get it?) op hul taai, druppende neuse laat kyk, goed gedaan!

Natuurlik nie dat dit vreeslik moeilik is om koek van ’n kind af te vat nie, maar nietemin.

Persoonlik dink ek daar is groeperings mense wat my veel meer wrewelrig of kriewelrig laat voel as bv gays.

Wat werklik verbaas is dat die soort van hoogs gedelusioneerde persone werklik dink dat die res van ons hoegenaamd langer as 2 sekondes in hul geselskap wil deurbring, newwermaaind ’n ewigheid in een van hul mistroostige hemels!!

Hahahaha!

Kan jy nou meer, praat van die perfekte mengsel van seepborrels, super-egos en waansinnige delusies ...

Ken jy vir Melt Myburg?

In my kleine opinie is hy die enigste ware man in die hele SA ... in elk geval wat ek al ontmoet het ... ongebuk, uit een stuk, sonner ego’s en side trips en kak!

Ongetwyfeld die nr 1 Joller in SA!

Tweede plek mag dalk gaan aan Kleinboer ... ja-ja, die ou het moerse hangups, meestal te doen met die afsaksels van die breinbespoelde dae uit die xtelike-nasionale era uit, wat hy nog nie helemal uit die sisteem gewerk kan kry nie, maar gee krediet waar krediet kredietwaardig is, KB kan nogal ’n jol hard klap, en hy is ’n man met ’n passie vir lewe!

Maar wie anders is daar werklik?

Tensy SA natuurlik teen rasseskrede aan't verander isse?

Sal interessant wees om te sien ... klop aan hout ... want ek hoop werklik so.

SA is die mees ongelooflikste land ter aarde, dis omdat ek so rondreis, sodat ek dit WEET!

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top