Dit maak SêNet die moeite werd

  • 1

Johannes Comestor se puik boekresensie van Ronald Green se Nothing Matters maak SêNet die moeite werd.

Dit is so dat die Westerse kultuurorganisme nie nul uitgevind het nie, en dat Arabiese Islam dit tydens sy rasionele beskawingsfase eerste gebruik het.

Dis ook 'n feit dat die Weste nie 'n jaar nul in sy jaartelling het nie.

Wat die Weste wel uitgevind het, is die getal oneindig. Deesdae word dit baie gebruik in kosmologie, en nie net Westerse wiskunde nie.

Die invloed van oneindig is nou so op die voorfront in die Westerse wêreldbeskouing, dat die teorie van die Oerknal uit 'n enkelvoudigheid, binne 'n paar dekades gelei het tot 'n ontploffing van oneindigheid. Die heelal lyk nou "plat" oftewel oneindig, en dan is daar nou nog die gedagte van 'n oneindige aantal heelalle ook. Daaruit weer volg kwantum-onsterflikheid.

Dis polities-filosofies gesien lewensgevaarlike konsepte.

So bang soos die irrasionele Westerse Kerk vir die getal nul was, so bang behoort ons rasionele Westerlinge vir die getal oneindig te wees, of eerder - oneindig meer!

Ran

  • 1

Kommentaar

  • Vir die rasionele Westerling was die getal nul 'n uitkoms -  vir die RK kerk 'n nagmerrie. Daar kon net nie 'n nul gewees het nie, want daar was EEN God en die drie-enigheid was Drie in EEN. Volgens kerkdogma was nul onmoontlik want God was ewig en daar was niks voor hom nie. Romeinse syfers het nie 'n nul nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top