Dis Vrydag, maatjies
Dis Vrydag en weer tyd om al my maatjies te sien
Heel week lank het ek al na hierdie dag uitgesien
Die son glimlag vir my
En al die voëltjies is in ’n goeie bui
Want vandag gaan ons almal weer ons maatjies sien
Gesprekkies op grasperkies
Is waar ons saam ons toekoms kies
Want wie kan dan kla
Ons is almal dan saam
Dankie maatjie
Vir alles wat ons deur is
Dankie maatjie
Dat jy altyd daar was
Dankie maatjie
Vir die volmaakte kinderprentjie
En ek kan eerlik sê dat ek vir niks meer kan wens nie
En die CD-speler skreeu Deff Leppard in my ore
Te veel in die kar, op mekaar se skote
Net plek vir een kitaar op die road trip van ons drome
Al my maatjies hier by my in die beste tye van my lewe
En ons drink verseker altyd te veel alkohol
En ons weet van beter
Want ons het mooi geleer
Mens maak ’n fout een keer, dan doen jy dit weer
La la la
Kinders van Suid-Afrika
Ons kort dop en sigarette
Die hout is klaar daar
Dankie maatjie
Vir alles wat ons deur is
Dankie maatjie
Dat jy altyd daar was
Dankie maatjie
Vir die volmaakte kinderprentjie
En ek kan eerlik sê dat ek vir niks meer kan wens nie
Vrydae is ’n belofte van ’n wonderlike naweek
Saam met wonderlike mense
In ons wonderlike land
Vrydae is die glimlag van die week
Die groen lig om vuur aan te steek
Kom nou maatjies
Dis al weer Maandag
Amper weer Vrydag
Altyd bly glimlag
Ek wil net dankie sê
Dankie maatjie
Vir alles wat ons deur is
Dankie maatjie
Dat jy altyd daar was
Dankie maatjie
Vir die volmaakte kinderprentjie
En ek kan eerlik sê dat ek vir niks meer kan wens nie
![]() |



