Dis verby
Die mure in die huis hoor my hart se kreet
Ek wil so graag van jou vergeet
Herinneringe ketting my hier vas
en ek wens jy kan wees net wie jy was
REFREIN:
As jy jou hand vir my lig
my vas staar in die gesig
Wat gaan deur jou kop?
Was dit ek? Was ek die flop?
Ek het jou hart gedeel
en jy, jy’t my geluk gesteel
Tog probeer ons weer en weer
en hoop dit eindig anders elke keer
Nou’s ek klaar, my tasse gepak
My hele lewe in net een sak
M hart, my trane en die vraag
My trane is vol vrae
Hoekom ek en sal God my dra?
My trane is vol vrae
Ek moes luister na my ma
REFREIN
En nou weet ek liefde maak seer
Ek sal lief hê weer ? keer
Ek en jy is verby
verby met baklei en stryery
Dis verby ek en jy
Dis verby ek en jy
Dis verby ek en jy
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


