Dis 'n sonde om vleis te eet

  • 10

In die tuin van Eden is daar nie vleis geëet nie. God het die mens bome gewys waarvan hulle mag eet, maar geen opdrag gegee dat hulle vleis mag eet nie.

So twee weke gelede het 'n Engel in 'n droom aan my verskyn en gesê dat die mens erg sondig deur diere wreed te vermoor en hulle te eet, nog te meer waar hulle die diere grootmaak en skynbaar liefderik versorg, net om hulle dan op 'n dag te dood en af te slag. Ook die moord op wilde diere is 'n groot sonde in die oë van die Here. Die inskrywings in die Bybel van diere wat geslag word en offers wat so gebring word, is vervalsings, dit is die begeertes van mense en vraatsugtige profete wat diere wou hê om te slag en te eet. Deur hul kamstige kontak met God het die profete beheer gekry oor die mensdom, wat hulle dan kon hiet en gebied soos hulle wou, deur die vrees van die mense vir God, tot voordeel van die profete.

Ek was eers huiwerig om hierdie verskyning aan my van 'n Engel bekend te maak, maar ek het tot die besef gekom dat ek self nie meer lank het om te leef nie en dat ek die opdrag van God moet nakom voor ek sterf. Daarom plaas ek dit nou op julle SêNet-brieweblad, vanwaar ander dit kan verder neem en oor die wêreld bekend maak.

Mag God ons almal seën en ons sondes vergewe en ons help om nie meer te sondig nie. Laat ons glo soos Hý wil hê ons moet glo, wat hy in ons gees aan ons sal bekend maak, en nie soos die baie valse profete wil hê ons moet glo nie.

Pieter

  • 10

Kommentaar

  • Nee wat , nou praat jy ondeurdagte snert! Het die Here nie self opdrag gegee vir die offer van die vetgesmeerde kalf nie? Die gelykenis van die verlore seun wat deur die Here vertel is was daar ook geslag om fees te vier. Die Here self het dan ook vir Abraham 'n dier gegee om te offer in pleks van sy seun. Daar was ook geslag om bloed aan die deure te smeer dat die eersgebore kinders van die huise gespaar moes bly met die tien plae. Nee wat, sonder 'n konkordansie is daar vele gevalle waar die eet en slagting van vee  in orde was. Bietjie minder brandewyn in daai nightcap vanaand en ek beloof jou jou drome sal meer realisties wees .....

  • Aai.  Die mense met hulle drome.

    My vraag aan Pieter.  Het die engel 'n baard of sonder 'n baard aan jou openbaar.  Sonder 'n baard beslis 'n eunuch, en dis hoe engele gewoonlik tentoon gestel word.   Indien 'n eunuch sonder 'n baard, volgens die Bybel, nie in gods teenwoordigheid mag voorkom nie, met in agneming in die Ou Testament dat 'n dier sonder ballas nie as offerande aangebied mag word nie, of 'n man sonder ballas, nie as priester aangestel mag word of selfs in die tempel toegelaat word nie.  Selfs die pous voor ay aanstelling, moet deur ander kardinale betas word om seker te maak die man het nog sy ballas.

    Jaco Fourie

  • Hello Pieter,

     
    Dan hoef daar dalk nie meer langer gesondig te word nie indien alles volgens plan verloop en word hierdie in 'n goeie gees geplaas en hoop ek dit word so aanvaar:

    In verlede week het CBC se 'The Current' aangebied deur Anna Maria Tremonti hierdie program gehad: 
     
    Shmeat: The first in vitro hamburger
     
    It is a burger concocted in a Dutch lab with a collection of Petri dishes and bits of beef muscle tissue. It if works, proponents of so-called Cultured Meat envision a meat alternative that could change farming forever while reducing land and water use and cutting greenhouse gases. Of course the jury is out on the taste. 
     
    Dr. Mark Post of Maastricht University:
     
    In the old Popeye cartoons, Wimpy promised to repay Tuesday for a hamburger today. A lot of days would have to pass before he could afford what they're cooking up in Holland.
     
    "I just got funded by a philanthropic organization to basically make a hamburger, the first hamburger we are going to make is going to cost likely 250-thousand Euro and it's likely to be the most expensive hamburger we're going to see on this planet". 
     
    Dr. Mark Post, Maastricht University
     
    Not only is that burger expensive, more then $330, 000 CAD, it's never seen a farm and isn't especially fresh. 
     
    Dr. Mark Post of Maastricht University made the meat in a laboratory petri dish. He's expected to grill the in-vitro burger later this month at an event in London. And while it's just one small patty -- five ounces to be exact -- Post believes this is a lot more than just sizzle.
     
    "It will completely change the way we produce meat. Of course we will still have farms as well, because we need small donor herds to provide stem cells, so there will be a low-level livestock breeding and keeping anyway".
     
    Daarmee dan 'n blik op die toekoms alhoewel dit nie duidelik hoe dit sal smaak nie en hoe gou vleis op hierdie manier op groot skaal geproduseer sal word?. 
     
    Daardie program kan hier geluister word: 


    Baie dankie

    Wouter
  • Pieter,

    Terwyl jy nou in jou woorde 'net iets wil sê', en dit boonop op 'n publieke forum doen, neem ek aan dat jy alle kommentaar op jou brief verwelkom. Dus gaan ek egter nie huiwer om my kritiek te lewer nie.
     
    Aangesien jy slegs 'n enkele bybelvers/opdrag van God vanuit die tuin van Eden aanhaal om as bewys te dien vir jou standpunt wil ek eerstens vir jou sê, dat dit sinneloos is om die Bybel so stukkie vir stukkie  en in isolasie te lees. Jy is baie vinnig om iets toe te skryf as sonde en ook sommer (so lyk dit) almal wat vleis eet te vertel hulle is sondaars in die oë van God, gebasseer op jou klaarblyklike droom en een klein gedeelte in die Bybel wat jy totaal en al in isolasie lees en verstaan. Verder maak jy die aanname dat hierdie 'boodskap' die wêreld oor bekend moet word. Voor ek verder my standpunt aan jou probeer stel, wil ek self 'n paar verse vir jou uitlig waarna jy dan selfstudie kan gaan doen en weer dink oor jou blykbare oortuigings en dalk ook sommer jou onkunde. Net gou 'n laaste punt van my ... Ons is Christene, wat dus glo in die opstanding van Jesus Christus en sy kruisdood tot verlossing van ons sondes. Jou vers en jou argument van vraatsugtige profete kom uit die ou testament. Jesus Christus het mos juis aarde toe gekom met die boodskap dat dit nie meer nodig is vir offerande op die altaar nie en ook ander ou-testamentiese gebruike soos besnyding ens. Net iets om aan te dink. Ek het wel vir jou 'n vers of wat vanuit die ou testament wat jy kan gaan navors. Let wel, meeste van die verse is God se direkte woorde:

    1) Genesis 9:1-4; Jy kan ook verder lees in die hoostuk, ek haal net 'n klein deeltjie aan;

    God sluit 'n verbond met Noag

    God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde. Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel. Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.

    2) Eksodus 12: 8

    Die Israeliete kry 'n opdrag van God af.
     
    "Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet ..."

    3)Eksodus 16: 12

    God sorg vir die Israeliete in die woestyn dmv vleis in die vorm van kwartels

    "Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is."

    (Hierna het God self vir die Israeliete kwartels gegee om te eet NB: Wilde diere en vleis van God af)

    4) 1 Konings 17 :6

    Die kraaie bring vir Elia vleis om te eet.

    Ek kan baie lank aangaan, maar ek dink ek het my punt gemaak. Wat egter wel belangrik is om in gedagte te hou. Ons is almal kinders van God, en ek mag nie jou oordeel oor jou standpunte nie en ek wil ook nie jou geloof in betwyfeling trek nie, en ek wil dit ook glad nie doen nie. Al wat ek vra is, moet asb nie jou standpunt so op mense afdwing en vir hulle sê dat dit wat hulle doen sonde is, sonder dat jy self ordentelik ingelig is nie.
     
    Groete

  • Chris Dippenaar

    Pieter, niemand kan sê dat Adam en Eva het nie probeer nie.

    Gen. 3:7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.

    Gen. 3:21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

    Hierdie god van die Bybel het nou maar net eenmaal 'n ding vir vleis en bloed. Van al die maniere wat ek en jy aan kan dink waarop God die mensdom se saligheid kon bewerk het, was dit toe op die ou end 'n vleis en bloed offer van sy seun. Onthou dit volgende keer as jy brood en wyn in jou keelgat afgooi.

    Chris

  • Hallo Pieter en baie, baie welkom.

    Ek hoop werklik dat jou brief, hiper-koekoes soos dit is, sal dien om 'n nuwe onderwerp te open. Enigiets wat die evolusie-guanopratery aflos is welkom.

    Cheers

    Duitswester

  •  Ek kan verstaan dat jou droom baie betekenis vir jou kan hê.....en dit is reg so.

    Die Bybel is vol beeldspraak. Alles is nie noodwendig feitlik nie maar is 'n storie met 'n dieper betekenis waaruit ons moet leer en dinge om ons moet verstaan.

    Die kleinste deeltjie in ons is protone en elektrone wat nie toegesê is net aan die een liggaam nie. Die deeltjies beweeg voordurend rond.  Ons het dalk net baie meer met diere ingemeen as wat ons wil erken.

    Ek voel regtig sterk dat jy tog eers so bietjie navorsing om die saak moet doen.

    Maar ons hoor jou 

    frik

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top