Dis Kersfees
Dis weer die tyd van die jaar
van party en feesvier en kersliedjies sing
En kinders wonder wat Kersvader bring
Ja, ons almal vier dit saam dat Jesus verjaar
REFREIN:
Dis Kersfees, dis Kersfees, tyd vir familie om saam te wees
Dis Kersfees, dis Kersfees, die nuwe jaar lê om die draai
Ja dis Kersfees, Kersfees regoor die land
? Jaar het gekom en ? jaar het gegaan
Waarheen het die tyd gegaan?
Die nuwe jaar lê maar net om die draai
en dan sê ons vir die ou jaar koebaai
REFREIN


