"Dis hier waar ek woon" deur Altus Booysen

  • 0

Dis hier waar ek woon

Soms is dit bewolk hier in die suide van Afrika
gelukkig skyn die son altyd daarna
Dan maak ons vuur onder die sterre met sekelboshout
Ek drink my bier yskoud want dis lekker in Suid-Afrika

Die reuk van rook wat deur die lug trek, al sit ek nog by die werk
sien ek uit om te sit en te kyk hoe die son ondergaan
Vanaand drink ons 'n drink op die Afrika-maan

REFREIN:
Dis hier waar ek woon, dis hier waar ek al my drome droom
Soms moet ek my oë toemaak en die res verskoon
want dis hier waar ek woon

Ons moet maar soms op grondpaaie ry
en ons pos met 'n mes oopsny
Want die internet-konneksie is te stadig om ons e-mails te kry
maar dis lekker, al te lekker, hier in Suid-Afrika.

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top