Comester 1
Comestor,
Alhoewel jy nie mans genoeg is om my direk aan te spreek nie is hierdie direkte repliek op alles wat jy oor my hier kwyt geraak het die afgelope week. Jan Rap saam met jou van die genootskap van regte Afrikaners, dui aan dat jy nou ‘n daadwerklike streep in die sand getrek het en nou ‘n standpunt van oortuiging inneem. Hoe melodramaties is dit tog nie, daar is egter ‘n streep wat gevolg kan word en dan vind ons dat jy nog nooit enige van my kritiek op jou skrywes direk aangespreek het of die teendeel daarvan probeer demonstreer het nie, maar eerder brief na brief skryf waar jy my as persoon aanval, in die volgende terme, “gatvlieg, tabanus wouterana, chihuahua, ellendige hond”.
Hoop jy is trots op jouself met daardie “manhaftige” streep wat jy in die sand getrek het.
Dit is egter nie veel meer as wat jy van res van die hordes dink nie en het ‘n vorige bestekopname deur my uit jou briewe uit die volgende uitgewys, in die gees van Jan Rap se neerbuigende voorstel dat ek moet opsien na jou en tog met aandag jou briewe moet lees, aangesien dit my soveel kan leer.
Dan sien ons dan die massas, die horder, “hulle”, is tekenend van “Na-beskwawing, barbaars, minder beskaafd, minder ontwikkelende, minder kundige, en die mees duidelike openbaring van hoe diep die ou man se welwillenheid strek, onderontwikkelde mense”.
Gereeld preek jy hoe die ongelowige sekere eienskappe van die gelowige moet aanneem, net soos jy in dieselfde asem die gelowige dan beskryf as minder ontwikkeld.
Bogenoemde is dus ‘n kort opsomming van hoe jy my in die algemeen behandel en hoe dit inpas in jou blik van die “massas” in die algemeen. Dit is nie ‘n aangename prent nie maar verduidelik egter die onderligende dryfveer van die meeste van jou briewe hier.
Dit wat jy my dus toesnou is maar net ‘n klein onderdeel van ‘n groter rangorde waarin jy die meerdere van almal is en dit is gebaseer op ‘n eenvoudige prinsiep waarvolgens jy volgens jou eie maatstawwe ‘n klas persone identifiseer en dan negatiewe eienskappe uit die lug gryp en aan daardie klas teodig en dan aankondig dat die “hordes”, “die massas”, “hulle” is die onderontwikkelde massa.
Dan soos ‘n ou skoolmeester dring jy aan dat ek getoets moet word, eksamen moet skryf onder die toesig van Johannes Comestor wat nie kan insien dat SêNet is ‘n openbare forum waarin briewe geplaas word en enige persoon die reg het om daarop kommentaar te lewer volgens goeddunke.
Wat jy sonder ophou doen is om te verhoed dat ek kommentaar mag lewer op jou briewe en is dit ‘n lyn wat al getrek kan word vanaf die begin probeer jy baie hard die indruk skep dat ek nie weet wat ek hier aanbied as my kennis nie.
Daar is nie ‘n werklike begeerte van my kant af om oor my eie intellektuele aktiwiteite te skryf nie, maar met die “koos sas”siklus het ek finaal besef dat is my bestaan. Die publikasies waarop ek ingeskryf is, die reeks internasionale nuusblaaie, internasionale letterkundige tydskrifte, die boeke en die internasionale gekeurde radio programme.
In die lig daarvan is dit vir my moontlik om ‘n perspektief te kan bied oor baie van die onderwerpe wat hier geskryf kan word en net soveel wat nie hier aangeroer word nie.
Nee wat, kom nou maar tot ruste of dui aan waar ek verkeerd was met my kritiek oor die stellings wat jy gemaak het oor die afgelope tyd en hou op om soos ’n dikbek kleuter te mor.
Baie dankie
Wouter

