![]() |
|
Lien Botha
|
![]() |
|
Raymond Smith
|
Laat Vrydagmiddag skiet dié vonkpos in:
Wil jy nie asseblief vir LitNet iets oor Die Antwoord se nuwe Dior-advertensie skryf nie?
Dis pragtig, maar verkoop hulle hul siel? Of wat is hulle siel?
Naomi Meyer
LitNet-inhoudsbestuurder***
Klink na pret.
In prinsiep, ja.
Laat ek net vannag diep slaap en douvoordag die blomme uit die lakens gooi.
Lien Botha
Die video is net oor ’n minuut lank en dit verg geen inspanning nie, selfs vir iemand wat gatvol is vir die week se gedoentes; Alice in WonDIORland tussen stringe blomme; ’n drommel soos ek sou nie eers geweet het dis die omstrede koeplet se musiek nie, synde grootgemaak op die wipplank tussen Jim Reeves en ZZ Top.
Deur die loop van die aand vertel die argitek saam met wie ek woon dat monsieur Dior blykbaar self argitek wou word, maar deur sy ouers tot diplomatieke loopbaan aangespoor is.
“Kyk maar na sy ontwerpe … daardie alfabetlyne H, A en Y se soliede konstruksie was die fondasie vir sy kenmerkende ‘femme-fleur’ voorkoms.”
Tussen die dimensies van ’n grondvloerplan op sy rekenaar loer Raymond Smith na die skakel: “Dis soos twee riviere (kulture) wat ontmoet; die identiteit van die alternatiewe sprokie word verswelg deur die homogene korporatiewe verhaal. In hierdie geval word die ‘lelike eendjie’ ingespan om die taak te verrig en Dior-modehuis kaap Die Antwoord (zef en antihoofstroom) vir die korporatiewe rivier. Maar wie weet, miskien is die eendjie in elk geval reeds ‘n swaan.”
Voor slaaptyd stuur ek ’n e-pos na Dior in Parys.
Saterdagoggend pos Hofmeyr Scholtz een van Cheyenne Randall se "Shopped Tattoo"-foto’s op Facebook en ek besluit dat die draaiboekskrywer van Four Corners heel moontlik ’n buitengewone blik op die storie mag hê:
|
![]() |
|
Annalet Steenkamp
|
![]() |
|
Kerneels Breytenbach
|
’n Kollega van Scholtz, Annalet Steenkamp, draai geheel en al nie doekies om oor haar siening van die reklame-brokkie nie; sy het per slot van rekening agt jaar lank geswoeg aan ’n film met die titel I Afrikaner:
Die regisseur Harmony Korine is groots vir my en bekend vir sy gritty trailer trash cult film gummo en natuurlik die omstrede kids. Die Dior-advertensie is egter flou kole. Niemand hier uitgebeeld is ’n Addict nie, die musiek van Die Antwoord probeer juis lewe blaas in iets wat nooit lewe nie. Nee wat, Die Antwoord is die enigste edge omtrent die spul. Hou op om obsessief te wees oor Die Antwoord – hulle maak geld, hulle verkoop nie hulle siele nie, hulle tel note terwyl hulle hul gulsige tonge aflek.
Dit word algaande duidelik dat hierdie storietjie beslis nie ’n piekniek gaan wees nie.
Saterdagmiddag, en tyd om die skrywer Kerneels Breytenbach se rugbywedstryd te onderbreek. Sy antwoord kom ná die eindfluitjie:
Haute couture meets zef – en zef kom tweede. Trouens, ek het half die indruk gekry haute couture het zef getem hierso. Maar jy weet, dis maar dieselfde as Jennifer Lopez wat Karoo-wors adverteer. Mens voel jy kyk na iets baie skurfs en verdomp, jy kan nie agterkom wat dit is nie.
| Die fotograaf en musiekjoernalis Louise Pieterse toer gereeld saam met muso’s, en haar reaksie laat suurstof in:
|
Om middernag van 21 Junie, wintersonstilstand, begin ek wonder oor die parfuum: Watter blomme is gebruik? Word diere nog ingespan in die proses van die mens se vals bekoring? Bestaan “Beauty without cruelty” nog?
In die koerant is ’n berig van die man in George wat sy hond vanuit die luuksehandelsmerk-voertuig aan ’n leiband gesleep het.
Die volgende reaksie flits op die rekenaar: Lize van Robbroeck, adjunkprofessor in die Departement Visuele Kunste, Stellenbosch Universiteit:
![]() |
|
Lize van Robbroeck
|
Ek het nie sterk opinies oor die toestemming wat hulle verleen het aan Dior om hulle werk te gebruik nie – absoluut alles is gekommodifiseer, elke moontlike protes word 'n kommoditeit en word terstond terugverkoop aan die protesteerders. Neoliberale kapitalisme is universeel en absoluut totaliserend; dit sou uiters naïef wees van Die Antwoord om iets anders te dink. Hulle up-yours vir Gaga was iets heeltemal anders, op 'n heeltemal ander prinsiep gegrond. Eerder as protes teen haar goedkoop selfbemarking en vulgêre populariteit, is Gaga se styl en “brand” eenvoudig geheel en al anders as hulle s'n, en samewerking met haar sou skade berokken het aan Die Antwoord se absoluut oortuigende noir en nihilistiese performance. Die Antwoord het nooit antikapitalistiese stellings gemaak nie, hulle spesifieke brand van nihilisme is baie beslis nie Marxisties nie. En hulle maak in elk geval geld uit hulle werk, of dit nou via Dior is of nie. Hulle anti-establishment performance is presies dit – 'n performance. Hulle personas is suiwer kulturele konstrukte, gesofistikeerd en baie smooth, eerder vergelykbaar met Andy Warhol as met, byvoorbeeld, Bob Dylan, 'n proteskunstenaar wat werklik uitverkoop het. Hulle is suiwer beeld, signifiers sonder 'n signified; daar is geen werklike Yolandi of Ninja agter die beeld wat iets verloën nie. Daar is niks om te verloën nie.
Sondagoggend: Op die slimfoon skitter die volgende respondent, kunstenaar Louis Jansen van Vuuren, se boodskap:
|
![]() |
|
Herman Lategan
|
![]() |
|
Maxim Starcke
|
Later die dag drink ek wyn saam met slampamper en joernalis van Kaapstad, Herman Lategan: “Man, ek probeer dink aan iets slim, maar kyk, eintlik is hulle nie die eerste klomp wat sulke goed endorse nie – daar was ook Bono en sy vrou wat Louis Vuitton endorse het, en dan al daai ander malles, soos Keith Richards wat een of ander horlosie endorse het. Daar is niks vreemd daaraan nie, Die Antwoord is edgy en baie gewild oorsee – ek sou hulle ook gekies het. Dis vir my sad dat hulle meer gewild oorsee is as hier. Weird, ons is baie weird mense – 'n mens sou dink dat ons hulle sou embrace, maar nee, hulle word net uitgekak.”
Op pad huis toe volg die musikant en komponis Maxim Starcke se reaksie:
Over the last few years I have appreciated Die Antwoord’s selection of various artistic and media-based influences in their music and visual element. Regarding the video in question, basically Dior has used a remix of the song "Enter The Ninja" – Die Antwoord’s first big hit. The video is clearly based on Lewis Carroll’s Alice in Wonderland Through The Looking Glass (with Yolandi Vi$$er in real life somewhat even resembling a modern day Alice). It includes references to substances and hallucinogens, loosely disguised as the fragrance that Dior is punting. The name of the fragrance itself, Alice eating the cookies that make her change size, bright mix of colours and so forth, as well as the underlying sample of Yolandi’s catchy melodic phrase (“I am your butterfly…”), their recent Cookie Thumper video as a further reference and of course the subversive Zef essence are all easily connected to the pursuit of altered states. The fragrance is the magic cookie and once she emerges from the mirror (wonDIORland) she has lost her top – and also a little inhibition. She has been altered. What happens to Yolandi at the end of the Cookie Thumper video is perhaps a more R-rated version of this Dior video ad, come to think of it.
It is interesting to note that this version of the song, being a remix, is (possibly) not contributed and produced directly by Die Antwoord but rather by a third party - perhaps a DJ or electronic music producer, who simply sampled Yolandi’s vocal part, or someone in collaboration with Dior who remixed the track as a follow up to the release of the original track a while back. This I stand to be corrected on, as there is insufficient crediting of the musical creators on the YouTube video page. Beyond this, knowing what the licensing deal is behind the use of the music, Yolandi’s sampled voice and ensuing (royalty) payments, would be somewhat enlightening, as objectively to most people this feature of their music on a Dior ad might come across as "selling out". Although, Die Antwoord have in the past openly dropped what could be considered quite lucrative deals to thus portray themselves as being successful ‘independent artists’ who don’t need anyone’s assistance. This sentiment is also expressed rather out-right in Ninja’s lyrical delivery.
The important word here is “portray” as it seems clear to me that Die Antwoord are portraying characters (or super enhanced sci-fi versions of themselves at least), which explains their latest venture into film now. The connection to the archetypal Alice as another one of these characters that can be associated with the Die Antwoord’s own shape-shifting characters. Still, Die Antwoord like to remain cool, hardcore and mysterious as usual and this approach is upheld in the Dior “Addict” video. The main question: is this really Die Antwoord or just a piece of the cookie?
Sondagaand staar ek na Kafka se insekte op die modekanaal, en terwyl ek die tabberds probeer uitpluis, stuur die onstuitbare Marianne Fassler haar luiperd met ’n boodskap:
|
Maandagoggend en “Isabelle” van Dior Parys reageer met Armine Kalogeropoulos, hoofbestuurder van Dior Suid-Afrika, se kontakbesonderhede. Ek stuur aan haar ’n paar vrae.
Vroeg Dinsdag laat weet die plantkenner en tuinontwerper Cobus Smit:
![]() |
|
Cobus Smit
|
Ek dink die Dior-webwerf som dit mooi op: “Dior Addict Eau de Toilette is a fragrance in harmony with its time, intuitively beautiful and freely seductive.” Wie kon dit meer eietyds as Die Antwoord aanbied? Dit spreek tot 'n nuwe groep verbruikers (“ín harmony with its time”). Wat mooier prentjies wil jy kry as daardie kaleidoskoop van kleur in die wisteria? En ja, definitief “freely seductive” – hoef 'n mens enigsins daaroor iets meer te sê? En nee, hulle verkoop nie hulle siel nie. Ons almal werk vir geld, al wil ons net van blomme sing (en pampoene ruil vir bier of vir die prokureur se dienste).
Woensdagmiddag doen ek Edgars in die Mall aan, op soek na Dior Addict − mens moet darem weet waarvaan jy praat. Die verkoopsdame, Felicity Jacobs*, demonstreer aan my al drie variasies: die reuke van herfs, winter en lente. Haar gesig verraai teleurstelling wanneer ek met toetsstrokies groet. Times are tough.
Daardie aand ontdek ek met vreugde die parfuum-blog van Victoria Frolova:
Life is full of ironies. The more I smell Dior Addict, the more I admire it and the more I realise that I will never be able to wear it. The contrasts between a languid floral oriental and an assertive dry chypre that fascinate me on a technical level render the fragrance very sharp. The impressive sillage of dry woody notes and rich vanilla drapes around me like heavy velvet. Russian women, whose tastes in perfume run the gamut from classical floral aldehydic to high calorie orientals, embraced it, but according to market research, they are the only ones who did.
Die Ru$$e. That figures.
’n Week is verby en hierdie parfuum-affêre moet klaar, al is Kalogeropoulos se vrae onbeantwoord.
*Felicity Jacobs is ’n skuilnaam.
Bronne
http://www.dior.com/home/en_int
http://www.lovemoneyclothes.com/blog/cheyenne-randall-applies-body-art-to-pop-culture-icons/
http://boisdejasmin.com/2008/05/dior-addict-per.html
Met dank aan al die medewerkers: Max Starcke, Raymond Smith, Hofmeyr Scholtz, Herman Lategan, Kerneels Breytenbach, Lize van Robbroeck, Marianne Fassler, Cobus Smit, Annalet Steenkamp, Louis Jansen van Vuuren en Louise Pieterse.














