Diogenes – vervolg

  • 0

In my laaste brief het ek myself heel duidelik nie goed uitgedruk nie, die dat beide Kobus en Wynand onder die indruk is dat ek teen diversiteit gekant is. Allermins. Nietemin was albei se insette vir my beide waardevol en gewaardeer. Perdebytjie het die kern daarin gelees, asook ’n verdere bydrae aangeheg deur te se: Dit lei tot stres en bekommernis en dan moet jy nog jou status ook uitleef (dws soos sy dit stel, “die feit dat die moderne mens hom so vasgespin het in sy besittings”).

Vir my is geskiedenis ’n dooie en oninteresante onderwerp, waar uitsluitlik feite weergee word. Jan Van Riebeek het in 1652 in die Kaap aangeland (’n feit). So what! Wat hierdie feit wel interesant maak is die interpretasies wat die wye spektrum geskiedskrywers daarin lees. Een sal bv ekstrapoleer dat dit tot die ontstaan van die Afrikanervolk tot gevolg gehad het, ’n ander dat dit tot die onderdrukking van die inboorlinge van Suid Afrika ten gevolge. Elke geskiedskrywer het sy eie benadering tot dieselfde feite, in gevalle, waar daar instemming onderling plaasvind, in ander, gevalle waar klem verskuiwing op dieselfde feit, met ’n ander een se vertolking kan verskil, en selfs gevalle waar daar lynregoor teen mekaar sal geredekabel word. Elke geskiedskrywer kan nie van sy inherente persoonlikheid ontsnap nie. So daar is in werklikheid nie ’n absolute objektiewe geskiedskrywer nie. Daar is ook nie ’n werklike objektiewe benadering tot enige geskiedkundige feit nie, dus die dat daar verskillende skole van denke (in godsdiens ook) oor dieselfde feite bestaan. Wynand. Kan jy nou verstaan hoekom dit vir my meer interesant sou gewees het, het Naas ook persoonlike kommentaar, selfs “anecdotes” teenoor die suiwer feite in sy brief gelewer het?

Kobus vir jou. Diogenes word als vader van die Siniese (Engels = Cynical) filosofie aanvaar. Hy het gelewe omtrent 350vC. Die Israelietiese profeet Hosea het ongevee 700vC gelewe. Tog is daar ’n parallel tussen die twee. Hosea is deur God aangesê om ’n prostituut, by name Gomer te trou. Die “siniese” benadering in hierdie geval is om uit te wys dat die afvallige Israeliete (deur die hoer Gomer verteenwoordig) ’n huweliksverband met God (deur Hosea gesinnebeeld) het. Nieteenstaande dat Gomer vir Hosea gelos en agter ander mans gehoereer het, bly Hosea lief vir haar, en skei haar nie. Die siniese boodskap? God bly lief vir sy volk ten spyte van die aaklikste sonde en sal hulle nie verstoot nie. (Van die ateiste mis die siniese boodskap en gooi Hosea in die gelowige se gesig als voorbeeld van Bybelse selektiewe moraliteit).

Diogene loop in die markplein met ’n brandende lantern in helder daglig. Word gevra hoekom. Antwoord? Op soek na ’n eerlike mens. Die boodskap aan die mensdom. Selfs in helder daglig is dit moeilik amper ’n onbegonne taak om eerlikheid in die mensdom te gewaar. ’n Ander geval. Alexander die Grote omsingel homself met filisowe soos Aristoteles en Plato. Die meneertjie dink hy is te groot vir sy skoene. Kom tot Diogene en wil hom by sy versameling van filisowe inlyf. Vra Diogene. “Wat kan ek vir jou doen?” Antwoord. “Jy staan in my sonlig, skuif eenkant toe!” Die boodskap. Nieteenstaande Alexander se menslike en sosiale gestalte, het hy, ten spyte van sy filosofiese opvoeding, die hele konsep kwytgeraak. Sy skaduwee op Diogene het die son (filosofie) verduister, die dat Diogene niks met Alexander te doene wou gehad het nie.

Diogene leef aspres in haglike armoede, soortgelyk aan die Fakirs van Indie. Die verskil. Die Fakirs doen dit vir godsdienstige redes, Diogene doen dit als “anecdote” aan die mensdom, om uit te wys dat na alles gese en gedaan is, is alles net ’n geveinstheid waarna die mensdom nutteloos voor strewe om himself beter as sy medemens uit te lig, maar op die ou einde, indien almal se doodsbeendere saam deurmekaar gegooi word, sal jy nie kan onderskei wie wat in die lewe was nie. Ook die vermorsing van middele vir selfverheerliking wat meer nuttig aangewend kon gewees het.

Onlangs in die Hollandse koerante word berig van gay Katolieke priesters wat in die 1950’s ten minste tien gay seuns medies laat kastreer het om hulle van homoseksualiteit te genees, en in een geval als straf omrede hy hulle aan die polisie verklik het. Dit was oor soortgelyke geveinsthede waartoe Diogene in sy siniese modelle gemik het.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top