DINSDAG; 08/04/08, TWEEDE UITGAWE

  • 0

Mike Olivier, die geraamde spotprent van LitNetters wat jy aangestuur het, het gearriveer – baie dankie! Annie Klopper, wat tans by LitNet uithelp, beskryf jou skepping as ? regte-egte “chick magnet.”

Behalwe dat sy lekker kan koffie maak en ? kampioen-stofsuieroperateur is, raak Annie gereeld wyshede soos hierbo kwyt. Net gister moes ek redigeerwerk uit haar hande neem toe die Tipp-Ex-blertse te erg geraak het op dié lawwe blondine se rekenaarskerm.

Jou kunswerk het ? ereplek in die LitNet-kantoor en sal gereeld met ? verestoffer vertroetel word.

In die jongste aflewering van sy musiekrubriek op LitNet, "Soundbites", gee Theunis Engelbrecht uitsluitlik aandag aan Afrikaanse cd’s wat pas die mark getref het. Oor Koos Kombuis se jongste, Bloedrivier, kan hy nie uitgepraat raak nie: “Bloedrivier is ? meesterstuk, kort en klaar.”

Oor dié cd se ontvangs hoop Engelbrecht vir die volgende:

“? Mens sien daarna uit dat Bloedrivier die mense aan die praat kry. Daar behoort debatte en diskoerse oor hierdie album gevoer te word op die meningsblaaie van koerante en tydskrifte en in radioprogramme. Daar is so baie dinge oor hierdie CD te sê dat ? kort resensie soos hierdie nooit reg daaraan kan laat geskied nie. ? Mens kan byvoorbeeld net dink hoe dit die polities-korrekte siele onder ons sal ontstig, en dit behoort groot pret af te gee om te hoor hoe hulle mekaar in openbare forums aan die strot gryp.”

Nou ja toe! Lekker luister en mooi versigtig lees!

Melt Myburgh

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top