Dink julle advokaat Heath is onnosel?!

  • 0

Heath is ’n uiters ervare advokaat en suksesvolle ondersoeker. Hy het baie ondervinding van toppolitiek ook.

Heath is uiters intelligent, en het spesifiek met City Press oor Thabo Mbeki gepraat.

Blykbaar verstaan die ander koerante nie hoekom juis City Press nie ...

Heath het met City Press gepraat, nadat hy as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid aangestel is, nie voor dit nie. Daar was ’n regsrede hoekom Heath dit so gedoen het.

Heath het nou sy bewyse aan minister Radebe oorhandig, alles volgens die reg.

Dit beteken Heath kan nie nou afgedank word nie.

Oudpresident Mbeki en oudminister Nguka is meer as nekdiep in die moeilikheid, en kan strafregtelik vervolg word op grond van Heath se wettige toegang tot bewyse.

In die reuse magstryd tussen Thabo Mbeki van die Oos-Kaap en Jacob Zuma van KwaZulu-Natal wat nou al vir baie jare duur, is president Zuma die groot oorwinnaar.

Pieter du Toit, nuusredakteur van Beeld, het Sondag nog ’n uiters ongeskikte ope brief aan staatspresident Zuma geskryf. My simpatie aan ongeskikte Pieter – tradisionele Zoeloe Jacob Zuma en sy nageslag gaan nog vir baie jare die dominante politieke mag in Suider-Afrika wees.

Aanvaar dit, deel met dit, en moenie so kleinlik en naïef wees nie, of dink dat advokaat Heath of oom Jacob onnosel is nie. Dalk is julle onnosel – ons sal binnekort sien.

Ran Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top