"Dink aan jou" deur Lizanne Boyder

  • 0

Dink aan jou

Soos die son sak vanaand
sak my gemoed
Ek weet ek is weer alleen
Ek dink alleen, ek voel alleen, ek praat alleen
My gedagtes is my eie
Ek wens ek kan nog net een keer in jou oë kyk
Jou vashou, jou voel teen my
Ek wens ek kan nog net een keer vir jou glimlag
Vir jou koffie maak
Jou soen

Nou gaan my liefde ver na jou
Ek dink op ‘n afstand
Ek glo op ? afstand
Ek praat op ‘n afstand

Ek weet ek praat met jou, maar jy’s nie langs my nie
Ek weet ons skryf vir mekaar, maar jy sien nie my trane nie
Ek weet jy het my lief, maar jy’s nie hier om dit te wys nie
Ek weet jy’s alleen soos ek, want jy’s nie hier nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top