Dinge wat ek nie verstaan nie

  • 3

Sedert ek die heel eerste keer moes skoene polish (jip, dit is iets wat ons generasie gedoen het) moes die skoen so blink dat jy jouself daarin kon sien. Anders het jy dit half gedoen.

Dit onthou ek van my laerskooldae af op 'n groot karton in die seuns badkamer, kaalgat voor storttyd  doerie jare in Mafeking wat nou ook maar dieselle plek is maar net anders gespel word.

Ons was doelbewus met politoer besmeer om die los badtyd langer te maak en die goed onder jong pre-tiener seuns bly steeds so vars asof dit gister gebeur het. Wat ek wel onthou is die belangrike les om spaarsamig te werk selfs met die karton waarop ons moes skoene poleer want dit is ingeprent dat ons totters altyd klein sal bly as ons nie daardie skoenpolitoerkarton oppas nie. En ek vermoed die waarskuwing was eg want die karton het heel jaar gehou en, wel die totters is, wel ...

Van doerie tye af moes skoene skoon wees. Nie net skoon nie maar blink. Rondom. Tot jy 'n oorlas kry daarvan met PW en Kie en die dag wat jy uitklaar belowe jy jouself baie dinge en twee van hulle is:

Om nooit weer te beweeg op enigiemand se opdrag (tensy sy blond - of enige ander skakering daarvan - en kaalgat is) nie,

en oom nooit weer skoene daagliks te polish nie.

Gevolglik is jou skoene meesal skoon maar nooit gepoleer nie. En as hulle gepoleer is is dit nie om mooi te wees nie maar bloot om die skoene langer te laat hou.

Wat my bring by dit wat ek nie verstaan nie: Enigeen wat al ooit in kak getrap het sal kan beduie hoe lank dit vat om daardie kak onder jou skoene uit te kry.

Waarom hou stront so lank in jou sool?

Waarom het jy al jou skoene die derde keer gepolish en jy kry steeds die klank van jou honne se bene wat hulle 'n maand terug uitgegrawe het?

Dalk is dit omdat stront altoos makliker vasklou as enigiets anders?

oester

  • 3

Kommentaar

  • Jy praat van honnestront. Dis erger as jy nie agterkom jy het daarin getrap en jy dra dit huis in of klim in jou kar nie. Ek noem dit sponsdorings. Jy voel vet mooi nokkol maar jy loop mank as jy agterkom jy het daarin getrap.

  • Wel Oester ek sien jou punt. Dis seker oor daardie kak vermoë van kak om so te klou dat die taalkundiges, of dialekkundiges die gesegde "klou soos kak aan 'n wolkombers" te voorskyn gebring het. Of dalk te voorklank gebring het.
    Hier in die beskawing moet jy die hondedrolle optel as jy vir Woefie vat vir 'n stappie. Jy sien die stappers oral met hul ou winkelsakke. Hulle tel die drolle op met die plastiek en gooi dit in die heel, maar heel eerste vullisdrom op hul pad.
    En die skoene? Ek koop geen skoen wat gepolish moet word nie. Is daar 'n naam vir die ding? Skoene "bone", bed soos 'n donnerse kombuistafel opmaak, broek stryk met 'n naat waarmee jy jou naels kan skoonmaak, is dit die een of ander sindroom? Seker maar.
    Saluut
    Duitswester

  • Beste Duitswester
    In my army-dae was 'monkey suits' met blink koperknope nog in. Staan jy inspeksie dan klim jy bo-op die katelstyl en hou die ou oorkant jou gestyselde broek regop, sodat jy soos 'n slang daar kan inseil. As jy klaar is bewys jy hom dieselfde gunsie.
    Gelukkig is dit nie lank daarna vervang, met meer moderne drag. Inspeksie was ’n groot ding, dan kom 'n ou met 'n rang met 'n wit handskoen en vryf oor die vensterbank en ander plekke om te kyk of daar vergete stof is en of die bed volgens instruksie opgemaak is en alle kledingstukke in hul posisie is. Baie ouens het die nag voor inspeksie op hul grondseile onder die bed geslaap.
    Die sak van die outydse baadjie is gebruik as betaalstrokie en het die betaalmeesterklerk jou salaris in rooi kryt op jou baadjiesak neergeskryf.
    Dan loop jy by die betaalvenster verby en sê die betaalmeester met grynslag op sy bakkies "10 sent vir jou Boot." Dit was al wat oorgebly het na al die kak wat die peleton aangevang het. (Die idee daarvan was dat jy die baadjie weer moes was en stywe. So is talle van ons dan op die Maandagoggend se parade uitgevang, want geen soldaat verskyn op parade en adverteer sy salaris nie.)
    Ek was nie baie gewild nie toe ek dit vir hom terugskiet en aanraai om dit in te druk
    waar die son nie skyn nie, Ja vir die onbehoorlike gedrag was pack drill in full battle dress met grey coat bo-oor my voorland.
    Daar was natuurlik instrukteurs wat in my opinie baie na aan psigopate was. Een van hulle ou trieks was om na so ’n sessie in die bloedige son die manne hul waterbottels
    te laat afhaak en dan hul self te help en die wonder van die nektar te besing en dan die oorblywende bottels om te skop.
    Terwyl jy kyk hoe die kosbare voggies stadig wegsyfer en opdroog in die Afrika-son
    kom daar allerhande moorddadige gedagtes by jou op. Dit is geen wonder dat ouens wat in Suid- Wes hul opleiding ontvang het, vertel van instrukteurs wat hul met toerusting en al van die bewegende trein afgegooi het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top