Klippe gloe nie in democracy
Ek’t virre klip gesoek
klein genoeg soelat
ek ’it kan dra
Ek’t virre klip gesoek
swaa’ genoeg soelat
geniemant ’it kan steel
Ek’t virre gladde klip gesoek,
moet genoeg space
omme poem op te paint
Ek’t virre klip gesoek
grof genoeg om innie Poets
Garden ingemessel te wid
Ek’t virre klip gesoek
groter assie hand soelat
geniemant iemant oppie Flêts
daa’mee kan gôi
’cos klippe gloe mossie in democracy!
Ek … ek’t my klip gekry … my Bra!