Digteres as huisvrou

  • 1

Vir Elisabeth Eybers
 
Altyd 'n Mr Delivery-boks teen die muur,
nooit 'n optelslet op die onvanpaste uur.

Agenda/memoranda-dae waardeer sy gatvol,
moerig van vergadering na vergadering tol.

Wasgoed wat deur haar Bosch-masjien swaai,
sewe stelle klere plus gymbroeke aan die draai.

Eksamenskrifte, e-posse, verslae op haar lessenaar
('n Toring van Babel), neffens kritieke wat stof vergaar.

Tussendeur skryf sy gedigte stiekem wyl sy verwoed werk,
haastig beweeg van spertyd tot dit wat haar binneste versterk.

O muses, wees haar genadig:
laat haar maar parodies dig!

 

  • 1

Kommentaar

  • Goeienaand
    Dis 'n pragtige Stuk... Haastig, maar baie diep en waar.
    Ek hoop om nog van jou gedigte te lees.
    Groete van die Kaap.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top