"Digter" deur Hanno Visser

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

As ek maar 'n digter was sou ek kon sé wat ek gevoel het
As ek maar net goed met woorde was sou jy verstaan het wat ek bedoel het?
Maar daar is 'n muur om jou gebou wat ek moet afbreek
terwyl ek eerder my gevoelens vir jou wegsteek.

Want tussen massas van water het ek in hierdie verhaal verdrink
Met korrels see sand wat my net dieper laat insink
Dis jou lag tussen die ander wat so soet is op my ore
dit is jy..
dit is jy..
Vir my.

As ek biedjie langer was sou jy my dalk raak gesien het?
As ek biedjie mooier kon sing sou jy my dalk wou hoor het?
Maar daar is muur om jou gebou wat ek moet afbreek
terwyl ek eerder my gevoelens vir jou wegsteek

Want tussen massas van water het ek in hierdie verhaal verdrink
Met korrels see sand wat my net dieper laat insink
Dis jou lag tussen die ander wat so soet is op my ore
dit is jy..
dit is jy..
Vermy.

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top