dit moet outisme wees
wat engrammaties by herhaling
in die vlekvrye brein
die verse in vae pagstelsels
soos laagwatergolwe laat uitspoel,
en met beperkte leibeurte
ad randum, in ongepaarde rym,
die stom woorde
woekerend so laat skuim,
diep uit die rou keel
van 'n gekwabde grysstowwerige
magneetveld,
wat in sellulêre kwantums
vasbrand soos ontsteekte studente
voor finalejaar-eindeksamens.

