Dieselfde as jy
Jy’s ’n “Blue-eyed Jane” en ’n Ruby Blue Eyes
En jy dra ’n smile as jou disguise
Maar ek weet dat die wêreld teen jou draai
Ja, ek weet dat die heelal jou verraai
Want die winde van die winter weerspieël deur jou oë
En jou liefde vir die somer het jy lankal reeds verloor
En ek wonder hoe ver jy die pad nog kan verlei
Voor hy jou gaan vang en als is verby
Jy’s ’n “Heartbreak Child” en ’n “Rebelling Chick”
En jy is naby aan breek maar jy wys dit nie
Maar ek weet dat die wêreld teen jou draai
Ja, ek weet dat die heelal jou verraai
Want die storms van die lewe weerspieël deur jou oë
En jou liefde vir die sonskyn het jy lankal reeds verloor
En ek wonder hoe ver jy die highway nog kan verraai
Voor hy jou gaan weggooi, als te versmaai
Ek sien in jou oë dat jy wonder hoe ek weet
Jy raak nou al benoud, selfs ’n bietjie wreed
Maar ek weet dat die wêreld teen jou draai
Ja, ek weet dat die heelal jou verraai
Want die winde van die winter weerspieël deur jou oë
En jou liefde vir die somer het jy lankal reeds verloor
En ek wonder hoe ver jy die pad nog kan verlei
Voor hy jou gaan vang en als is verby
Die waarheid is ...
Jy’s dieselfde as ek, ons is albei gehard
En jou hoop is min, want die lewe is soms gek
Maar ek weet dat die wêreld teen jou draai
Ja, ek weet dat die heelal jou verraai
Want die storms van die lewe weerspieël deur jou oë
En jou liefde vir die sonskyn het jy lankal reeds verloor
En ek wonder hoe ver jy die highway nog kan verraai
Hoe ver jy die pad wil verlei
Voor jy val, en als is verby ...
![]() |