Diemersdal
Kry my by die dam
Kry my by Diemersdal
Meet jy liefde met ? tydlyn of tou?
Pasop om nie te verlore te raak in diep gedagtes nie
Ek is amper terug waar ek moet wees
Almal wil weg hardloop, maar waarnatoe hardloop jy?
KOOR:
Sing jy nog jouself aan die slaap?
Soek jy nog die rede?
Een van die dae is ek terug by jou
Ontmoet my waar ons altyd so lief
was om na toe te gaan
Kry my by die dam
Kry my by Diemersdal
Liefde is blind, hoe het ek jou dan gevind?
Meer as vriende maar minder as liefde
Verlore, soek ek nog die rede hoekom dit so is?
Moet my nooit vergeet nie
Ek sal altyd hier wees as jy val
KOOR
BRUG:
Jou gelaatskleur is bleek
Jy weet waar om te gaan
Maar jy laat toe dat jou keuses
beïnvloed word deur die maan
Kry my by die dam
Kry my by Diemersdal
KOOR


