Die wêreld wat verander het – vir Christoffel

  • 0

Beste Christoffel

Jy het ’n baie mooi brief geskryf vir ’n jong man.

Het meeste gehou van jou insig dat ons Afrikaner-regime onafhanklikheid aan die VSA prysgegee het, en na die moord op Verwoerd ’n kliënt-staat van die VSA geword het, deur vir die VSA in die Koue Oorlog te veg.

Pik Botha van buitelandse sake kry altyd die skuld vir daardie flater van die eerste water, maar die Christelik-bygelowige PW Botha het die meeste gedoen om vir die VSA en teen die USSR te veg, sonder om nugter, non-religieus, en suiwer polities oor die strategiese saak na te dink.

Gelukkig regeer sulke naïewe kerk-Afrikaners nie meer ons land nie. In die nuwe Koue-Oorlog tussen die VSA en Rusland-Iran-Sjina, gaan Afrikaners gewis nie weer hierdie keer aan die VSA se kant veg nie. Dit kan die uitkoms omswaai.

In die 20ste eeu het Afrikaners vir die VSA ’n wêreldorde gewen.

In die 21ste eeu kan die nuwe Suid-Afrika die wêreldorde vir die VSA verloor. Laasgenoemde maak my sommer trots Suid-Afrikaans.

Ran Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top