Jesus ...
Wat ’n eienaardige woord met ’n eienaardige onstaan.
Die woord, gespel "J-e-s-u-s" is maar sowat 400 jaar oud, en wel omdat die letter"j" nooit in die Engelse alfabet bestaan het tot sowat 400 jaar gelede nie. Die letter "j" het nooit in Hebreeus, of Aramies, of Grieks, of Latyn bestaan nie.
Die algemene verduideliking is dat dit die Griekse vertaling van die naam van Messias, Yahashua is. Hmm, die wat dit wil glo, dis jou keuse.
Die woord jesus het geen betekenis in enige taal nie, dit beteken eenvoudig niks nie, dit is nie ’n vertaling nie en dit het geen geskiedenis nie. Dis seker hoekom dit vir so baie dinge gebruik word, die Christene gebruik dit as ’n naam, ander gebruik dit as ’n vloekwoord, jy sien dit op bumper stickers, op advertensies en sommer op "undergroend" musiek se plakkate ook.
Die Engelse bybels voor die letter "j" onstaan het, het Messias Iesous genoem. Dis bietjie nader aan die ware doel agter die woord.
Sien, toe neef Konstantyn en diesulkes hul groot koukus gehad het, was ’n paar dinge vir hulle van groot belang. Dit is baie insiggewend dat hulle geen, nie eens een enkele kenner van die Hebreeuse en Aramiese geskrifte genooi het nie. Aikona, dit wat op hul program was het niks met die waarheid te doen gehad nie.
Konstantyn, die hoog-aangeskrewe kerkvader, was ’n aanbidder van Zeus. Hy het geglo dat Messias die reinkarnasie van Apollo, die seun van Zeus was. En die paslike naam van die seun van Zeus is mos nie Yahashua nie, dis mos Ye’zeus.
Dit is waar die woord Jesus vandaan kom, van die naam Ye’zeus.
Die naam Yahashua wys na die naam van die G_d, dit is vas in Sy naam. Die woord jesus doen dit nie. Handelinge 4:12 gee verstand hieroor, vir die wat lus is.
So, ek verstaan hoekom die afgod-aanbidders die gebede van die gelowiges wou "hi-jack" vir hul afgod, maar ek sukkel om te verstaan hoekom die misleiding vir so lank aangaan.
Die belangrikheid van die naam en dinge wat gebeur het en nog gaan gebeur ter wille van die naam van Messias word op verskeie plekke in die Bybel bespreek.
Die wat dit gelees het verstaan ook hoekom die vyand die ware naam van Messias vrees en probeer weghou van die mensdom af.
Soos met alle dinge, laat elkeen vir homself besluit.
Sê maar net.
Duitswester


Kommentaar
Hallo Duitswester,
Dankie vir hierdie leersame bydrae .
Ja, so leer ek elke dag iets nuuts ...
Ek wil ook graag met jou deel dat GOD wel ons harte ken en daarom sal weet wat die bedoeling daarin is met die uiting van enige klank in aanroep tot Hom.
Mag YAHASHUA HA MESIACH ons almal vergewe en ons gou weer kom haal hier aan die donker kant van die maan.
Soos by die berg Sinaï waar hulle gedink het die bul is 'n beeld vir GOD. Lees mooi of hulle ongestraf gebly het.