Die Wolf Hou Haar Dop
Dis amper na twaalf, die donker uur
Die ritme van die nag lok met sy plesier
Die wolf hou haar dop
Sy sit haar lipstiek op
Dis amper na twaalf, maar sy het baie tyd
Sy glip 'n sequenced rok oor haar uurglaslyf
Van agter die gordyn
hoor sy hoe hul huil
REFREIN:
Aaauu, sy is ? gypsy, ? tierwyfie
Sy dans en sy dans, sy het almal in ? trance
met haar wulpse uurglaslyfie
Sy lippe water en sy hande brand
hy wonder hoe dit voel, hoe sy voel
Maar sy flikker haar wimpers
Los my, los my uit
Los my, want ek byt (x2)
REFREIN:
Aaauu, ek is ? gypsy, ? tierwyfie
Ek dans en ek dans en gee niemand ? kans
om te kan vat aan my lyf nie
Dis amper na vyf en die voëltjies fluit
Sy dans ? laaste draai want dis toemaaktyd
Die wolf hou haar dop
die wolf drink sy laaste dop
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.