"Die wit ou, die swart ou en die rhino" deur Leroux van der Hoven

  • 0

Die wit ou, die swart ou en die rhino

Het die hoogste prys betaal en sit nou en wroeg in die kroeg
van die hiernamaals terwyl hul wag op hul lot in die poort
Sien is nie meer glo, dis onmoontlik om te weet wie is wie daarbo
Mens moet maar raai wies aan die woord

Hier kom ons bier
Dankie, jys ‘n Engel
Ja, Jy ook
Ietsie vir u meneer?
Nee dankie, ek’s ? afskaffer

Dis oorlog daarbuite
teen my en my spruite
Jy sou dink met tamaai
horing soos myne
sou jy ver kon kom
Maar dis net die donnerse aasvoël
wat iewers kom met syne

Dis oorlog daarbuite
teen my en my spruite
Jy sou dink met groen land
koring soos myne
sou jy ver kon kom
Maar dis net die donnerse roofvoël
wat iewers kom met syne

Polities koning gekraai
my vingers in die laai
Jy sou dink met vetgat
in botter soos myne
sou jy ver kon kom
Maar dis net die d tronkvoël
wat iewers kom met syne

REFREIN:
Droog af daai trane
try Dawid de Lange
en die naglopers kry
Lirieke sal jul bevry
Musiek sal jul laat glo
Die deur staan oop hierbo

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top