"Die Windjie" deur Frans Massyn

  • 0

Die Windjie

Sag suis die windjie van ver oor die see
en bring grote branders al rollend met hom mee
Sag suis die windjie tot ver oor die land
en breek bloue branders tot skuim oor die sand

Branders wat kom en branders wat gaan
branders wat skuimend teen die rotse opslaan
Gedryf deur die windjie van ver oor die see
wat dan saggies gaan lê in ruste en vrede

Maar brandertjies breek en watertjies druis
en so gaan hul voort sonder die windjie se gesuis
Niks kan hulle dryf, niks kan hulle keer
alleenlik die wind druk die ander op en neer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top