Die Wil van Jahweh

  • 0

Your´s truly is nou regtig sprakeloos en uitgebowl oor die uitslag (And thus spoke Zarasthustra) van die Amerikaanse presidentsverkiesing. Selfs die mees onkundigstes van ons behoort mos te weet dat die gunstelingparty van Jahweh Rabinovich die Republikeinse party is, nl die party ten gunste van ongekontroleerde Wall Street-verneukery, biljoenêrs wat nooit ’n sent belasting betaal nie, minimale belasting vir die rykste seksie van die Amerikaanse publiek, onregverdige belasting vir die armes, uitgesproke haat teenoor gays, fanaties teen aborsie onder alle omstandighede gekant, te gunste van oorloë in die Midde-Ooste om hulle fundamentaliste- vriende tuis en in Israel te paai, voorstanders van geweld om internasionale konflikte op te los, edm.

Nou hoe is dit tog moontlik dat die Demokrate met ‘n "kleurling" aan hoof van sake daarin geslaag het om die verkiesing te wen? Niks kan mos volgens die Bybel sonder die toestemming van Jahweh gebeur nie wie verantwoordelik is vir alles in hemel en op aarde: aardbewings, katastrofes, tsunamis, en die verkiesing van leiers soos Hitler, Stalin en Mao Zedong. Nou Obama val natuurlik nie in laasgenoemde kategorie nie, maar logika dikteer tog dat die regse- gelowige Mormoon die verkiesing moes gewen het.

Die weë van Jahweh is darem maar duister.

Pieter Rededlinghuys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top