Die weg van vlees

  • 0

met die oudword
het hy besef
die dae is getel,
vervloë items
verdraai in helder lig
’n hemel stol oneindig strak

ademloos
lykskouend
word hy ten einde laas
by al sy voorvadere
versamel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top