So lui Rooi Daantjie se opskrif in sy rubriek (2/6/13) in sy PRAAG-nuuslappie. Ek sien sy trefslae kwyn nog steeds, die afgelope klomp nie veel meer as 300 lesers nie. Heelwaarskynlik die helfte daarvan lesers soos ek wat met Afrikaner-gekkegrens-politiek op hoogte wil bly.
’n Paar jaar gelede was sy opgewonde voorstel van ’n Afrikaner-volkstaat, die Pretoria tot Port Elizabeth model, waar hy in teenstryd met statistiek RSA beweer het alreeds 40% blankes bly teenoor die amptelike statistiek van gemiddeld 18%.
Nou gister kom hy vorendag, ’n nuwe model. Hehe! Hierdie “Republiek” strek weswaarts van Pretoria, Rustenburg verby tot Groot Marico. Van Pretoria ooswaarts met die suidelike helfte van Mpumalanga, ’n strook deur noord Natal tot by die see wat St Lucia insluit. Suid van Pretoria om Johannesburg verby oor die Vaalrivier tot omtrent 2/3 grens met Lesotho.
Met die dele van Mpumalanga, Oos-Vrystaat en Rustenburg, en veral Natal wat in hierdie model ingesluit is, behoort RSA Statistiek die persentasie blankes nog minder as sy Pretoria tot Port Elizabeth model toon. Wat beslis is, is dat blankes, veral die Afrikaner, nie ’n meerderheid besetting in enige 100vk km te vinde in hierdie “Republiek” sal kry nie.
Rooi Daantjie het baie in Europe rondgereis, eerder sy eie land, dat hy heel onbewus blyk te wees hoe dig die swart bevolking werklik in sy voorgestelde “Republiek” is, en hy dink Zuma gaan inskiklik wees om te onderhandel, veral mbt die Natal-strook!!! Hy skryf as een van sy strategieë: “Onderhandeling met die ANC, met of sonder internasionale bemiddeling, oor die grense van die republikeinse gebied”.
Net soos PRAAG ’n “one man show” is, so ook is hierdie voorstel van hom ’n “one man” voorstel. Hy sukkel selfs om tot ’n vergelyk te kan kom met ander verregse organisasies en leiers.
Sy strategie om Afrikaner meerderheidsbesetting te bekom?
“Omdat daar intussen na eie arbeid oorgeskakel is of slegs buitelanders (natuurlike blankes) as ongeskoolde werkers in diens is, sal die versterkte Afrikanermeerderheid die referendum ten gunste van onafhanklikheid wen.”
“Hierna moet die meeste Afrikaners vanuit die buiteland terugkeer en meewerk aan die heropbou van die nuwe Afrikaanse Republiek, terwyl streng grensbeheer ingestel word om te sorg dat die Afrikanermeerderheid verder versterk en uitgebou word.”
Sy belastingbeleid?
“Waarskynlik sal dit nie eens meer nodig wees om persoonlike belastings te hef nie en kan slegs BTW en maatskappybelasting gehef word, iets wat verbruik en ekonomiese groei in die hele streek sal stimuleer.”
Vir ’n man met ’n doktorsgraad, dink en praat hierdie man soos ’n nar (clown).
Jaco Fourie


Kommentaar
Die probleem met die hele volkstaat-idee is dat dit op die oomblik grootliks ondersteun word deur verregse teokratiese tipes. Die meerderheid van Afrikaners is nie lus om te woon in 'n volkstaat waar hulle regeer gaan word deur omies met Bybels en voorlaaiers wat die hele tyd oor hul skouers loer om te sien wat in hul slaapkamers aangaan nie.
Ek glo ons almal is goed vertroud met die situasie en statistieke van Suid-Afrika. Ek sou egter graag wou weet wat die oplossing dan sou wees. Dit is mos darem baie duidelik dat hier nie eintlik ’n toekoms vir enige iemand is nie, en ek sluit die hele bevolking in. As ek dan onwillekeurig moet kyk na hoe dit in Suid-Afrika en die res van Afrika gaan moet ek erken dat ek nie juis opgewonde is oor die toekoms nie. Selfbeskikking op ’n eie grondgebied is ten minste ’n werkbare oplossing. En natuurlik kan dit werk soos baie ander oplossings, die moeilike gedeelte is om mense te oortuig van ’n oplossing, nie om ’n oplossing uit te dink nie.
Geert
Wow!
My brief waarop jy respondeer is amper vier jaar oud, wat my intussen heeltemal reg bewys het!
Jou stelling: “Selfbeskikking op ’n eie grondgebied is ten minste ’n werkbare oplossing. En natuurlik kan dit werk.”
Weereens Wow! Jy gee nie eers enige vorm van argument of ondersteuning om jou stelling te staaf nie!
Oral het die "volkstaat"-benadering ’n “non issue” geword, heeltemal stilswyend oor die onderwerp, vergeleke met vier jaar gelede toe dit nog ’n voortslepende onderwerp by hulle was. Die spreekwoordelike pennie het by hulle klinkend geval. Politieke benadering het vandag 'n ander omslag.
Dis waar Brian, ... al is ek hoe ingelig en trots op my Voortrekkererfenis, ek maar altyd 'n stryd as katoliek sal het om in Kleinfontein, of selfs Orania welkom te wees ... nietemin, ek dink en voel die Volkstaters se ywer is bewonderenswaardig, en moet dit hulle absoluut en met respek gegun word; nes die Jode Grieke, Porras ... en al die ander ook hul gemeenskappe het ... Boeregroete, Cornelius
Cornelius: Heeltemal reg. Ek was bra vies toe die DA byvoorbeeld nou aan Kleinfontein gaan karring het. Om die waarheid te sê, dit is net daar waar die DA finaal my steun verloor het.
Hello,
Brianvds
Jy sê: "Die volkstaat is slegs haalbaar as ten minste so miljoen of twee miljoen Afrikaners dit ondersteun."
Ongelukkig, al stem elke Afrikaner vir 'n volkstaat, is dit geensins haalbaar nie, selfs met die samewerking en ondersteuning van enige SA-regering.
Behalwe vir sekere voorstede in die groot dorpe en stede, is die Afrikaner yl oor die hele land gesaai. Neem enige 10km X 10km = 100vk km in hierdie land, is die Afrikaner 'n minderheid daarin. Die koste en logistiek om enige genoegsame gebied te kan bekom deur middel van menslike verskuiwings is totaal onmoontlik.
Die beste moontlikheid vir Afrikaner samehorigheid vandag en in die toekoms, is deur middel van Afrikaner kommunikasiemiddele; kultuurgebeurlikhede, soos musiekfeeste, ATKV-byeenkomstes, ens.
Jaco Fourie
Hahaha ... dis dieselfde "intellektueel" Wouter Ferns hierbo, wat reken dat die Afrikaner in 1913 aan bewind was, en wat nou in sy waan na ander as oor die gekkegrens probeer verwys! ... ja, dit was nog altyd moeilik vir sulke gebreinspoelde hanskakies soos Wouter om die Ingelse massamoord op ons Boerevroue en kinders te verantwoord ... nou haat hy my daarvoor ... siestog ...
Brian, ek hoop en bid net dat daar baie ander soos jy ook nou sal weet hoe die DA en hul Black Sash aunti Zille (nes onse "Wouter Ferns"), die Afrikaner haat ...
Jaco, ek hoop nie ek haal jou ook op die hals nie, maar jou afmaak van 'n Volkstaat is ietwat breinloos ... Israel is 'n Joodse volkstaat; dit, wyl die meeste Jode steeds oor die hele wêreld heen versprei is ... 'n volkstaat veronderstel dus hoegenaamd nie iets soos dat die meeste van die genote daarin moet woon en werk nie ... grondgebied is 'n algemene volkereg in die wêreld ... 'n Afrikaner volkstaat is noodsaaklike sentiment vir ons voortbestaan ('n klein stukkie grond in die Kalahari woestyn selfs) ... ek gee toe dat dit meer simboliese as enige ander pragmatiese waarde sal het ... en o ja, Orania is ver verby 10x10 km ... sit daardie glasie neer en dink net weer oor die akkuraatheid van jou somme ... Boeregroete, Cornelius
Cornelius
Jy skryf oa. die volgende:
(1) "maar jou afmaak van 'n Volkstaat is ietwat breinloos ... "
(2) "Israel is 'n Joodse volkstaat; dit, wyl die meeste Jode steeds oor die hele wêreld heen versprei is .."
(3) " en o ja, Orania is ver verby 10x10 km ... sit daardie glasie neer en dink net weer oor die akkuraatheid van jou somme ..."
In antwoord.
(1) Ek daag jou uit om vir ons die ligging, vestiging en haalbaarheid van 'n volksstaat uit te lig. Tot dusver het selfs die beste breins onder Afrikanerdom geen antwoord daarvoor nie. Miskien sal jou brein hulle s'n almal oortref!
(2) Israel is nie met die SA-situasie vergelykbaar nie. Die Jode het omtrent 80% besetting van hulle grondgebied in Israel. Wys waar Afrikaners enigsins selfs in enige deel van die land meerderheidsbesetting het binne enige 100vk km.
(3) Lees selfs op in Wikipedia: Orania beslaan slegs 9.45 vk km grondgebied, dws omtrent 3km X 3km, 'n klein oase binne 'n meerderheid bruin-bevolkingsgebied.
Ek het nie beswaar om met jou op 'n intellegente basis te redeneer nie, indien jy enigsins daartoe in staat is, maar ek waarsku jou om versigtig te wees wanneer jy my vir breinloos uitmaak. Die onus van bewys daarvoor bly by jou. Jy het genoeg vyande hier op die net gemaak met jou kinderagtige uitinge, waaroor ek tot dusver my weerhou het om enige opinie uit te spreek, maar voorts nie meer nie.
Jaco Fourie
Brianvds
Jy skryf:
"Die mense pla niemand nie en ek kan nie sien waarom hulle nie met rus gelaat kan word nie. Dieselfde geld vir Orania. En dieselfde geld enige ander etniese of religieuse groepering wat op heeltemal wettige, ordelike en vreedsame wyse hul eie enklawes wil stig."
Jou sentiment dra my heelhartige ondersteuning. Dit is hulle reg in terme van ons konstitusie, asook hulle reg met wie hulle wil assosieer al dan nie, maak nie saak of ons daarmee saamstem al dan nie.
Jaco Fourie
Jaco, "jou afmaak van 'n Volkstaat is breinloos" ... as jy "breinloos" op jou as persoon in geheel wil pas, maak maar so ... jy maak ook die stelling: "Neem enige 10km X 10km = 100vk km in hierdie land, is die Afrikaner 'n minderheid daarin" en "Orania beslaan slegs 9.45 vk km grondgebied, dws omtrent 3km X 3km, 'n klein oase binne 'n meerderheid bruin-bevolkingsgebied" ... nou ja Jaco, interessant dat jy summier bruinmense as Afrikaners uitsluit, maar ek nooi jou om 'n 5km radius uit die middel van Orania te neem, en dan steeds bewys dat Afrikaners per jou definisie die minderheid in daardie gebied van ons land is ... net vir interessantheid, glo jy ook nes Wouter dat die Afrikaner in 1913 aan bewind was; of soos Kobus de Klerk dat Jupiter se mane 'n mite is; of soos Chris dat die Kopte, Hellene en Ortodokses te onlangs in die geskiedenis is om van enige waarde in sy ondersoek na 'n mitiese of historiese Jesus te wees; of weet jy dalk wat die verskil tussen 'n gelowige en 'n ware Christengelowige is? ... jy is welkom om jouself by die Wouter Ferns'e en Kobus de Klerk's (die berugte spiritueel intelligente kuber-boelies), in hul desperate poging om my te onderdruk te voeg ...
Corneels
Dis nie ek wat bruinmense nie as Afrikaners aansien nie. Dit is die gekkegrensers. Orania se mense beskou bruinmense nie as Afrikaners nie. So wanneer ek oor gekkegrensers praat noem ek Afrikaners in hulle konteks aan.
Jy wil jou met die gekkegrensers skaar. Doe so voort, maar dan moet jy Afrikaners in dieselfde lig sien as wat hulle dit sien. Jy is in elk geval uit pas met almal, die gekkegrensers inkluis.
Dit wil vir my voorkom jy ly aan 'n vervolgingswaansin. Ek sal vervolgens jou kommentare op my skrywes ignoreer, tensy jy volwassenheid in jou denke vorendag kan kom, indien soiets moontlik is.
Jaco Fourie
Hello,
Jaco... ek kry jou agter die paviljoen ...
Wouter,
Dis wel waar wat Jaco omtrent my aanpasbaarheid in 'n Volkstaat veronderstel.
'n Gay-ateïs het beslis 'n veel beter kans op aanvaarding tussen ware Christengelowiges, as 'n katoliek (sou jy jou ervaring op die werf kon ag).
Nietemin, dis gewoon jou mening dat Israel in sonde gebore is. Ek is wel bly dat jy na die verskuiwing van vreemdes uit hul staat verwys het - hoop net Jaco neem kennis.
'n Volkstaat, is egter gewoon logika wat my betref.
Internasionale Reg, erken elke volk op aarde se reg op grondgebied. Volkstate word egter nie op 'n bepaalde standaard, of resep begrens nie.
Elke volk op aarde is uniek. Daarom het die Cherokee, San en Inuit, hul volksreg in reservate byvoorbeeld. Hoekom kan die Krugerwildtuin ook nie byvoorbeeld 'n gebied vir die Afrikaner met hul Voortrekkererfenis verklaar word nie?
Die Krugerwildtuin voldoen aan al die vereistes vir 'n Afrikaner volkstaat!
Ek het lankal voorgestel dat AL ons monumente en museums, die Voortrekkermonument ingesluit (nes Paul Kruger se kopbeeld by die hek), na die Wildtuin verskuif word. Afrikaners wat hul Voortrekkererfenis ag, kan dan met trots na die Krugerwildtuin as hul Boereplaas verwys.
Die Krugerwildtuin is in ieder geval my hartland as 'n Voortrekkernasaat. Ek leef my Boerehart gereeld daar uit; ongeag wie die regering is, die hanskakies daaroor gebelgd voel, of welke en wie die ware Christengelowiges is wat daar kuier.
Dis eintlik net die Britte se haat wat sedert hul verowering van die Kaap, die Boere tot aan die einde van die aarde sal vervolg.
Wouter, as 'n exciting en gebreinspoelde DA supporter, het jy sekerlik groot vreug ervaar toe jul Ingelse jeug in hul massas by Kleinfontien se hek gaan toi-toi het. Ek meen, selfs die ANC kan iets by julle omtrent Afrikanerhaat leer. Dit is selfs die eerste amptelike protes teen die Afrikaner se grondwetlikheid in die ganse geskiedenis!
STERKTE en nie te danke,
Cornelius
Lees hier: http://www.beeld.com/opinie/2013-06-04-kulturele-selfbeskikking-eerste-doelwit
(begin van aanhaling)
Kulturele selfbeskikking eerste doelwit
Dr. Dan Roodt, Praag, Johannesburg, skryf Dinsdag 04 Junie 2013
Flip Buys (Beeld, 4 Junie) bied ’n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as “ ’n soort strategiese risikobestuursplan” aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur ’n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid.
Daar heers konsensus oor ons “foute van die verlede”: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat 1994 ’n fout was, asook dat oudpres. FW de Klerk nooit Afrikaner-soewereiniteit moes prysgegee het nie.
In ’n beroemde Londense uitspraak in 1997 het De Klerk dié besluit beskryf as “sekerlik een van die pynlikste wat enige leier of sy mense ooit gevra kon word om te doen”.
Die vraag oor selfbeskikking gaan dus oor hoe ons daardie “foute van die verlede” kan regstel en weer vryheid kan verwerf.
Die grootste teenkanting teen selfbeskikking kom nie van die ANC nie, maar van Afrikaners self of ten minste daardie Afrikaners wat slegs na hul eie individuele belang kyk.
Noem hulle die neokoloniale soewereine individue. In die huidige Suid-Afrika met sy korrupsie en wetteloosheid sien hulle ’n geleentheid om vinnig ryk te word.
Sedert die Kosovo-mening van die Internasionale Geregshof in Den Haag op 22 Julie 2010 kan enige volk ter wêreld te eniger tyd sy soewereiniteit opeis omdat, soos die hof dit gestel het, “die volkereg geen verbod op onafhanklikheidsverklarings erken nie”.
Dit is ook nie waar dat Afrikaners, soos Buys beweer, oor “geen natuurlike, betekenisvolle meerderheid” in die land beskik nie.
Ongeveer 50% van Afrikaners woon in die PWV-gebied en in baie voorstede verteenwoordig hulle óf die meerderheid óf die grootste enkele etniese groep.
Indien 0,06% van daardie PWV-Afrikaners wat in Kleinfontein saamgetrek het reeds ’n hoë mate van eie bestuur en selfbeskikking geniet, hoeveel te meer kan die anderhalf miljoen dit nie verwerf indien hulle soos die Kleinfonteiners die wil daartoe ontwikkel nie?
Kulturele selfbeskikking moet ons eerste doelwit wees.
Pleks van “risikobestuur” toe te pas, behoort ons oor te gaan tot omgewingsbestuur. Gebiede moet beveilig word en Afrikaans moet weer as openbare taal daar gevestig word. In Europa, soos in Suid-Afrika, neig mense natuurlikerwys om in gebiede te woon waarin hul eie taal oorheers.
Die meeste mense in ons land verkies ’n Engelse omgewing en sal dus neig om Afrikaanse omgewings te verlaat, net soos hulle ook nie hul kinders na Afrikaanse skole stuur nie.
(einde van aanhaling)
Boeregroete,
Cornelius
Hello,
Hello,
Hello,
HeHe
Ons plaaslike woer-woer kwoteer Dan Roodt asof die man 'n gesag op Afrikanersake is. Inteendeel. Hy is 'n "one man show" met omtrent 'n gevolg van minder as 'n duisend gekkegrensers.
Roodt skryf: "Dit is ook NIE waar dat Afrikaners, soos Buys beweer, oor “geen natuurlike, betekenisvolle meerderheid” in die land beskik nie. Ongeveer 50% van Afrikaners woon in die PWV-gebied en in baie voorstede verteenwoordig hulle óf die meerderheid óf die grootste enkele etniese groep'
Hierdeur, met sy 50% Afrikaners woon in die PWV-gebied probeer Roodt die indruk skep, Afrikaners is 'n meerderheid daarin. Inteendeel, die 50% Afrikaners in die PWV gebied bly totaal 'n minderheid daarin wat Dr Flip Buys se stelling onderskraag nl. "“geen natuurlike, betekenisvolle meerderheid” in die land beskik nie. EN wonders van wonders, Rooi Daantjie onderskraag die "geen natuurlike, betekenisvolle meerderheid" om te noem dat net in seker voorstede is daar 'n meerderheid of aansienlike getalle Afrikaners - patetiese logika vir 'n man wat spog met 'n doktorsgraad!!
Die volgende sou lagwekkend gewees het, was dit nie pateties nie, waar Roodt skryf: "'Die meeste mense (Afrikaners) in ons land verkies ’n Engelse omgewing en sal dus neig om Afrikaanse omgewings te verlaat.'
HeHe. Hyself wil nie saam met sy eie volksgenote bly nie. Hy woon in Dainfern, ryk Engelsman se woongebied. Hoekom sit hy nie sy geld waar sy mond is nie (eerder sy voet in sy mond), deur in die Kleinfontein "volkstaat" daar saam met sy eie "mense" te gaan woon nie."
Ek geniet dit om hierdie man aan te sê. Hy het 'n doktorsgraad, maar ek die poepol kry dit reg om gate in al sy sogenaamde "logika" te skiet, en so maklik ook.
Dr Flip Buys? Nouja daar is 'n Afrikaner vir jou van aansien. Hoof van Solidariteit en AfriForum; CEO van die Afrikaner Netwerk, wat omtrent al die tradisionele Afrikanerstrukture soos die Taalraad; ATKV; Afrikanerbond; Afrikaanse Handelsinstitute en Sakekamers, die Voortrekkermonument trust; ens insluit. Organisasies wat vir die Afrikaner WERK, en nie soos Rooi Daantjie wat net die ene bek is nie.
Jaco Fourie
Nee Wouter, jy veins (soos altyd) ... ek het nie beweer dat die getal "vlugtelinge" waarna jy verwys het met die stigting van Israel, jou mening is nie ... ek het duidelik en dit presies so getik: "dis gewoon jou mening dat Israel in sonde gebore is" ... daar is hoegenaamd GEEN verwysing in my sin na "vlugtelinge" nie (ook nie eens in jou eie kommentaar voorheen nie), ... lees nou weer jou argument: "Henn beweer dat die getal vlugtelinge waarna ek verwys met die stigting van Israel is net my mening" ... en dan spu jy agterna op jou eie strooipop met letterlik honderde woorde twak!... ek hoop van harte dat almal nou kan sien hoe blatant jy is, en hoe ver jy bereid is om te gaan om my verdag te probeer maak - ja, bedrog loon sy meester of te wel; "Evil destroys even itself." Aristotle
Hello Cornelius,