Die ware prys van goud

  • 0

Verminkte liggaam, rooi kombers
op 'n grysgeverfde myndraagbaar.
Dit is die ware prys van goud.

Geen dollar sal dit t'rug kan koop.
Dit is die ware wisselkoers
wat niemand ooit erken.

Boontoe in die skaghysbak
is sy makkers stil en stroef.
Hul weet al stry hul ook hoe hard
die grys klip sal tog eendag wen.

Hortende gehoes
weerklink op die stoep
angsvolle beklemming
wat gryp in die nag
Dit is die ware prys van goud.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top