Die waarheid van die konsilie van Nicea

  • 1

Die enigste ware rede waarom die agnostici so tekere gaan oor die eerste konsilie van Nicea, meen ek, is oor die suiweringsproses wat daar plaasgevind het.

Die Ariane, ’n afvallige sekte wat beweer het dat Jesus Christus nie die Seun van God is nie, is daar by die eerste konsilie van Nicea die loef afgesteek. Tóé al probeer die agnostici om die Godheid se identiteit as Drie-enige God, te verdoesel onder die dekmantel van vroomheid, in hul poging om die Spilpunt, die Hoeksteen, die identiteit en Wese van die Een en enige ware God, van die ware Godsdiens, Jesus Christus die HERE, te verloën deur Sy Godheid te misken. Uiteraard het hulle nie geslaag nie, want die HERE Self, waak oor Sy Naam.

Die HERE Jesus Self se bekendstelling van daardie identiteit as sodanig, nog vóór Sy Hemelvaart (Mattheus 28:19), soos ook deur heiliges (soos byvoorbeeld Origen en Tertullianus) gedurende latere tye, die eerste eeu en verder, vermeld en gebruik is, is gewoon net by die konsilie van Nicea bevestig en vasgemaak en ’n suiwer geloofsbelydenis is opgestel.

Die interessante punt is dat Konstantyn nooit self enige van dié besluite afgedwing het, soos die leuens wat die agnostici daaromtrent verkondig, nie. Hy het maar gewoon eenheid verlang, wat te verstane is, uit Godsdienstige én (vir hom) politieke belang. Eers baie later het Konstantyn versoek dat daar Bybels beskikbaar gestel word – maar sonder voorskrif van wat daarin moes staan – Bybelverspreiding is vandag nog, meer so as tevore, ’n baie belangrike evangelisasietegniek en -instrument.

Dus, die agnostici met hulle antagonistiese agenda, verwerp die konsilie van Nicea omdat die ketters, die afvalliges wat die Godheid Sy identiteit as God ontken, soos hulle self ook graag doen, uitgewerk is – hoe sou hulle nie lofsange toegebring het aan die einste konsilie as dit andersom was nie! Tja! Hulle is te glibberig na my sin…

Kan mens jouself indink dat agnostici vandag nog, talle eeue later, géén vordering kon maak langs daardie weg van Waarheid nie en nog stééds probeer wat al 1,700 jaar gelede, misluk het en sedertdien blý misluk.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 1

Kommentaar

  • Soos gewoonlik, het jy die kat aan die stert beet.  Die Libiese presbiter, Arius, wou nie die seun van 

    god as 'n god erken nie, want, volgens hom, sou daar dan twee gode wees. Konstantyn het aanvanklik met hom saamgstem maar toe teen hom gedraai en van toe af is die Ariane as ketters vervolg en uitgemoor.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top