Die waarheid agter die waarheid in “Die hoender is 'n "bone of contention". Vir kla-kous.

  • 5

Hierdie brief volg op die oorspronklike met dieselfde opskrif: https://www.litnet.co.za/die-waarheid-agter-die-waarheid-die-hoender-n-bone-contention/

Ek reageer hiermee op kla-kous se respons: “Volgens Stander (Landbouweekblad) is die enigste wenners “die paar winsbejagte invoerders in wit besit wat aan die Assosiasie van Vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) behoort”. Invoer maak Amie die enkele grootste “pluimveeprodusent” en Itac se besluit plaas die land se voedselsekerheid nou in Amie se hande, sê Stander. "Aanhaling uit Landbou se webwerf met opskrif "Invoertarief vir hoender ‘slaan dronk’" http://landbou.com/nuus/invoertarief-vir-hoender-slaan-dronk/ ;asook op Raed wat skryf: “Rainbow (plaaslike kommersiële produsent) het vandag nog bekommernis oor werksverliese juis as gevolg hierdie kwessie uitgespreek.”

Die waarheid agter die “waarheid”:

Die BELANGHEBBENDES in die braaikuikenbedryf is:

  1.  Die REGERING wie se direkte belange strek oor moontlike werksverliese (ten gevolge aan sosiale onrus), en verliese aan verskeie direkte,  indirekte en BTW belasting-inkomste van die bedryf afkomstig.
  2. Die braaikuiken PRODUSENT, hetsy kommersieel of kleinboer (albei in plaaslike kompetisie met mekaar), is uitsluitlik op winsbejag ingesteld.  (Werksverliese is geensins sy belangstelling nie. Inteendeel, arbeid vorm ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.)
  3. Die INVOERDER wie se belang suiwer winsbejag ingesteld is. (Werksverliese is geensins sy belangstelling nie.  Inteendeel, arbeid vorm ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.)
  4. Die VERSPREIDER (bemarker) wat ’n balans in prys tussen aanvraag en voorsiening bemiddel met suiwer winsbejag as motivering. Arbeidskostes vorm ook ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.
  5. Die VERBRUIKER, wat die eindproduk aankoop.  Sy suiwer belangstelling is bekombaarheid en bekostigbaarheid van die aangekoopte produk. Werksverliese stel hy ook geensins in belang nie.

Elke belanghebbende hierbo genoem, met uitsondering van die regering en vakunies, stel werklik nie belang in werksverliese nie, en gebruik die konsep van werksverliese uitsluitlik om die regering te probeer manipuleer om hulle afsonderlike voorgestelde regeringsbeleid te wil voorskryf.   Elkeen kom met dieselfde werksverliese-argument met variasies eie aan die soort belanghebbende onder bespreking.  Die regering, deur middel van spesialiste in hulle diens, wik en weeg elkeen teen mekaar op en soek ’n koers wat maksimaal tot almal se voordeel sal geskied (wat nie altyd moontlik is nie).

Die Landbouweekblad dien suiwer die plaaslike landbou-produsent, dus sal sy woordvoerders soos Stander hierbo genoem, eensydig die plaaslike produsent se saak stel, beveg en motiveer, en  sal nie skroom om die plaaslike landbou-produsent se kompetisie, in hierdie geval die Invoerder, te probeer ondergrawe nie.  Dieselfde argument geld vir Rainbow Chickens se argument mbt werksverliese. WINSBEJAG is almal se uitsluitlike motivering.

Insetkoste, oa die hoë en merendeels onproduktiewe koste aan arbeid plaaslik, het tot sodanige mate toegeneem, dat die winsmarge van die plaaslike braaihoender-produsente onder hewige druk staan.  In teenstelling geld ’n ander baie goedkoper oorsese insetkoste-stelsel, waar ingevoerde braaikuikens heelwat goedkoper op ons mark aangebied word. Invoere druk die plaaslike prys af.  Plaaslike produsente om te oorleef, sal hulle pryse moet verhoog, maar kan nie, solank die invoerkompetisie daar is.  Hulle antwoord daartoe is ’n stewige verhoging in invoerbelasting en tariewe aangevra, asook ’n verhoogde soutwater-inhoud in die plaaslike produk, sodat die braaikuiken se gewig met soutwater tot voordeel van die produsent se winsmarge gesubsidieer word.

Ten spyte van jaar op jaar verhoogde produksie, kan die plaaslike produsent nie aan die totale verbruiker-aanvraag voldoen nie.  Die gaping jaar op jaar tussen plaaslike aanbieding en plaaslike aanvraag word al hoe groter tot nadeel van die verbruiker, dus vorm invoere ’n al  hoe groter segment van die braaikuikenmark om die tekort in aanvraag te bevredig. Stander se stelling dat invoere wispelturig is, word deur feite sedert 1994 bevraagteken, waar daar ’n stelselmatige groei jaar op jaar in invoere getoon word.

Die gevolge van braaihoender-onbekostigbaarheid,  veral onder die armes:-

Aanvraag neem af, wat lei tot aflegging van werkers.

Aflegging van werkers lei tot minder inkomste vir belasting en BTW vir die regering

Afleggings veroorsaak verdere armoede en sosiale onrus wat die regering sal wil vermy, oa kriminaliteit, prostitusie, dwelmhandel, alkoholisme, ens.

Die enigste teoretiese manier om die plaaslike braaikuikenbedryf op die langtermyn te beredder, is om maniere uit te werk hoe die produsent se hoof-insetkostes verminder kan word, wat arbeid-, vervoer- en voerkostes insluit.  Onderliggend wat alle kostes opstoot, is onproduktiewe en wispelturige arbeidskostes, deur die vakunies aangeblaas.  Brittanje het ’n soortgelyke probleem gehad, totdat Margaret Thatcher dit onder beheer gebring ht, deur die rug van die vakunies, tot vandag nog, daar te breek.

 

  • 5

Kommentaar

  • Ek het vergeet om my naam onder die opskrif van hierdie brief aan te gee, en eien dus outeurskap daarvan.

  • 95 % van die verbruikers is die sg nie-blanke mark. Moenie jou met retoriek laat bluf nie. Enigiemand weet dat hoenders onder die swartes verkoop en dis waarop almal konsentreer en hul mooi stories is slegs stories.
    Ek koop tans vars hoender in teen R3/kg (eks BTW) en ek moet blykbaar dankbaar wees. ek kry euro hoender in teen R0/kg geen btw en geen faktuur – maak jou eie gevolgtrekking. Gaan ek die morele weg volg en jul magiese staat se wette volg? Se moer.
    My bedryf word NIE beskerm nie en toe ons kla toe sê die opposisie dis ons saak en ons moet begin kompeteer, dus:
    E kan hoender op grootmaat en vars op die verbruiker se tafel lewer onder R30/kg. Waarom moet plaaslike verorberaars beskerm word? Om wie se belange te beskerm?

    • Oester
      Mbt jou laaste sin, is daar geen sprake dat "verorberaars"(merendeels swart verbruikers) beskerming geniet nie. Dit gaan uitsluitlik oor ekonomiese wette wat kleurblind is, veral die wet van "aanvraag" en "aanbod". Hoe groter die aanvraag vir skaars produkte, hoe duurder word die prys van sodanige produk, en groter die winsmarge van die produsent. Wanneer 40mil swartes een sent spandeer, verteenwoordig dit R400 000 kontant in sirkulasie wat die mark lewendig hou vir die aankoop van ander, merendeels blank vervaardigde produkte ook, en R56 000 BTW inkomste vir die staatskas, en herhaling daarvan elke keer wat dieselfde R400 000 gespandeer word.
      Die prys van R3/kg waarvoor jy hoendervleis hierbo kry, kan jy nie as ’n algemene voorbeeld gebruik nie, tensy dieselfde voordeel vir almal in die land beskikbaar is nie.
      Jou bedryf word nie deur die regering beskerm nie, ook word die hoendervleisbedryf nie beskerm nie, Soos reeds gesê, die regeringsamptenary wik en weeg om 'n optimale koers te beding vir alle belanghebbendes in die hoenderbedryf, seer sekerlik joune ook!

  • Ek kry nie die indruk dat die regering werklik so bekommerd is oor werksverliese as 'n mens kyk wat hulle alles aanvang nie. Is daar inderdaad nog 'n regering? Dit net tersyde. Gegewe al die botsende belange, is die aangewese weg nie om dit oor te laat aan die vryemarkstelsel nie? Ook as 'n mens die utiliteitsbeginsel van die "greatest happiness of the greatest number" gebruik, is goedkoop hoendervleis dalk 'n groter wins vir die land as geheel. Selfs diegene wat hul werk verloor, sal hierby baat. Veel stemme sal die regering nie verloor nie en dit sal die pluimvee-bedryf noop om meer kompeterend te word. Indien hulle moet toemaak sal dit nie die eerste keer wees dat so iets 'n bedryf tref nie - dink Manuel en die plastieksak- en plaaslike klere- kwessies. Die regering steur hom min aan oa die landbou en ek dink dit is al openlik gesê dat die eerste prioriteit goedkoop kos is en dat ons sal invoer as dit dan al uitweg is. Ook sal 'n tanende werkerskorps help om die vakbondbedryf hok te slaan en afwaartse druk op lone te plaas wat dan sommer die bedryf meer kompeterend sal maak.

  • kla kous
    Die hoendervleisbedryf is nie gepolitiseer nie. Wanneer ek na die regering hierbo verwys, verwys ek na die amptenary wat staatsbesoldigde spesialiste is om die kapitalistiese ekonomiese stelsel te onderskraag ongeag watter regering die land regeer, net soos polisie, verpleging, militêr, ens wat ook besoldigde staatsamptenare is, ongeag watter regering regeer. Die staatsamptenare se pligte sluit oa in om 'n balans te probeer bewerkstellig onder alle belanghebbendes hierbo genoem, alvorens hulle riglyne vir die bedryf instel, soos persentasie toelaatbare soutwater, nou af na 18%, en die waarde van invoerbelasting en tariewe gehef.
    Met enige kompetisie, is daar botsende belange wat uitgestryk moet word tot die land se voordeel. Aangesien al die botsende belange werkverskaffers is, en die staatskas help swel, berus die netelige taak met regeringsamptenary om almal sover moontlik tevrede te stel, wat nooit sal gebeur nie.
    Invoere is tans goedkoper as plaaslike produksie, te wyte daaraan dat die uitvoerlande grotendeels hulle oorproduksie subsidieer juis om daarvan ontslae te raak en steeds iets daarvoor kry. Die langtermyn gevaar van invoere is die rand/dollar-wisselkoers wat invoere vir SA duurder maak. Indien die uitvoerlande nie hulle oorproduksie meer subsidieer nie, word invoere onbekostigbaar, die dat dit in landsbelang is dat die plaaslike mark uitgebou word, maar nie ten koste van invoere nie.
    Indien die plaaslike produsente hulle produkte goedkoper as invoerders op die mark plaas, sal dit outomaties invoere stuit. Makliker gesê as gedaan, want die insetkoste is grotendeels 'n faktor wat prys bepaal. 'n Produsent kan sy produk nie goedkoper as sy insetkoste verkoop nie, dan maak hy eerder toe. Pleks om met die invoerder te stry, hoort hy met die voerverskaffer, die vakunies en ander verskaffers van sy insetkoste te stry om sy insetkoste af te bring, en by die politieke regering te huil om hom daarmee te help.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top