Raed se “Waarheid”: Om sy volle brief te lees, lees https://www.litnet.co.za/die-hoender-n-bone-contention/
Par 1: “S.A. koop laegraadse oorskiet hoender van Europa en die VSA.”
Die waarheid:
Suid-Afrika verorber gemiddeld 1 800 000 ton per jaar en produseer gemiddeld 1 500 000 ton per jaar, ’n tekort van 300 000 ton per jaar (24% van totaal) wat alleenlik deur invoere (omtrent 436 000 ton in 2015) aangevul kan word, tans hoofsaaklik vanaf Brasilië (43% van invoere). Behalwe vir die 9000 ton uitvoere deur SA aan gesamentlik Mosambiek en Zimbabwe, kan SA nie bekostig om uit te voer nie. Die invoere van hoendervleis is beslis nie laer graad nie, en word deeglik deur gesondheidsbeamptes ondersoek vir beide kwaliteit en siektes.
Par. 2 & 3: “Ons regering gee invoerders afslag asook belastingkorting, die dat ingevoerde hoendervleis goedkoper as ons plaaslike produkte is.”
Die waarheid
Daar word geensins afslag of korting deur ons regering aan ingevoerde hoendervleis toegestaan nie. In beide die gevalle van Europa en die VSA, word geen invoerbelasting gehef nie as enige voordeel juis as gevolg van handels-ooreenkomste tussen SA en genoemde lande. Ander invoerders soos bv Brasilië word daar wel invoerbelasting asook “dumping”-heffings gehef (laasgenoemde op Europese invoere ook van toepassing). Inteendeel, ingevoerde hoender land in SA teen gemiddeld R11/kg, vergeleke met SA se eie produksiekoste van R50/kg, wat plaaslik goedkoper per kg deur 25% soutwater toevoeging gemanipuleer word. Die rede dat ons nie ingevoerde hoendervleis teen naastenby R11/kg kry nie is juis as gevolg van invoerbelasting en “dumping”-heffings gehef op NON-Europese en NON-VSA invoerders. Die regering het die toelaatbare versouting van hoendervleis vanaf 25% na 15% afgedwing, tot SA se hoof hoendervleisprodusente se misnoeë. Wat sê dit vir ons? Die fout lê nie by invoere nie, maar by ons eie produsente.
Par. 4 & 5: “Ingevoerde hoendervleis veroorsaak werksverliese en armoede.”
Die waarheid.
Die VSA se “African Growth and Opportunity Act” AGOA, laat toe dat SA sekere produkte, veral in die veselbedryf, sonder Amerikaanse invoerbelasting op hulle mark mag aanbied, in ruil vir die jaarlikse toelating van 60 000 ton Amerikaanse hoendervleis belastingvry op die SA-mark. Inteendeel, weens die swak Rand teenoor die dollar, is maar ietsie soos 8 000 ton hierdie jaar aangekoop. Tans verskaf hierdie wetgewing werk aan 65 000 Suid-Afrikaners. Toe SA invoerbelasting en dumping-heffing in 2015 gehef het, teenstrydig met hierdie ooreenkoms, het die Amerikaners gedreig om die voordeel vir SA te onttrek, wat 65 000 werkgeleenthede in die gedrang sou gebring het. Die regering het vining geretireer. Inteendeel. Die invoer van hoendervleis is werkskeppend. Die skeepsaflaai, herverpakking, verkoeling, vervoer, bemarking, ens het werkers nodig.
Par. 6 & 7: Die gesanik oor geroeste spoorlyne en stasies wat voorheen deur werkers beman was, nou volgens hom werkloos.
Die waarheid.
Tyd en vervoermiddels het vanaf die SAS (SAR) aanbeweeg tot voordeel van die ekonomie en werkskepping. Spoorwegwerkers is vervang met trokdrywers, voertuig-instandhouers, meer petroljoggies, ens. Pleks van ’n geallieerde werknemer met ’n reeks verskeie werksrange op die spoorweg, is nuwe entrepreneurs geskep wat hulle eie inkomste volgens eie inisiatief bepaal (vervoer-eienaars).
Par. 8: Oor keuses van hoendersnitte, met ’n persoonlike afkeur vir witvleis.
Die waarheid.
Die koper koop sy snit volgens sy bekostigbaarheid en persoonlike voorkeur. Die armsalige in ons land sal kop en pootjies (walkie-talkie) alleenlik kan bekostig, wyl die meer gegoede ander snitte sal kies. Witvleis is op sig duurder, maar eintlik goedkoper en gesonder. Geen vel, vet of bene nie. Jy koop suiwer vleis, en nadat die vet, vel en bene op die ander snitte verwyder is en R/kg tussen die twee dan vergelyk word, kan die witvleis goedkoper wees. Witvleis bevat ook heelwat minder soutwater weens die moeilikheid vir die inspuiting daarvan.
Om op te som:
“The SA broiler industry, is that it’s heavily dependent on import tariffs and anti-dumping duties for its survival.”
“The landed price of imported chickens is some R11/kg, compared to R50/kg to buy it from SA producers!” “The R50/kg price for chicken portions in South Africa, compares to the average landed price for chicken meat in Jan 2015 of R11/kg. This shows the extent to which the SA chicken industry is being protected by import tariffs.”
“South Africans eat about 1.8m tons of broiler meat annually.” “Domestic supply • 2014 : about 1bn broilers (1.5m tons of meat)”
“This is surprising, as a problem that the SA poultry industry faces is that its chicken factories (they’re not farms!) are smaller and its maize/soya too expensive to compete against the global giants.”
http://bestsaexporters.com/south-african-poultry-industry/
Vandag se mense word gebombardeer met liegstories wat oortuigend oorgedra word as “waarheid”, die dat ek altyd vra of daar agter die “waarheid” vir die werklike waarheid nagevors was.
Bronne:
Die hoenderbedryf koerant: http://www.thepoultrysite.com/poultrynews/vars/country/za/
AGOA https://en.wikipedia.org/wiki/African_Growth_and_Opportunity_Act
Hoender-invoerestatistieke: http://www.sapoultry.co.za/pdf-statistics/summary-imports-report.pdf


Kommentaar
Baie indrukwekkende antwoord. Waar kry 'n mens die ingevoerde Amerikaanse hoendervleis te koop. Dit is darem seker 'n bietjie goedkoper as die Suid-Afrikaanse produk?
kla-kous
SA invoerders koop VSA hoendervleis aan asook ander lande se invoere en herpak dit sodat jy nie eintlik weet van watter land jou aankope vandaan kom nie.
Miskien moet jy par1 weer 'n slag lees. Hopelik sal jy die konteks waarin "minderwaardige laegraadse oorskiet" gebruik is, raaklees.
(Húlle beskou die "drumsticks" en "thighs" as minderwaardige en laegraadse oorskiet. Hoekom sou hulle dit hier wil dump? Dink hulle ons is "cheap”?
Rainbow het vandag nog bekommernis oor werksverliese juis as gevolg hierdie kwessie uitgespreek.
Met jou relaas hierbo sit jy die pot mis. Kyk in die bakkies van die hoender wat Webvoet geplaas het. Ek vra weer, sien jy iets?
Raed.
Jy is die een wat die pot mis het. Pleks om 'n eenogige stelling te maak, bewys my "relaas" hierbo verkeerd.
Ek stry nie met jou diskoers nie, nogal indrukwekend (en ek is nie eers sarkasties nie). Ek bejeën net die hele invoerkwessie met groot agterdog omdat 'n ingevoerde hoender nêrens te kry is nie en beslis nie 'n goedkoop een nie. Miskien is die antwoord hier:
"Volgens Stander is die enigste wenners “die paar winsbejagte invoerders in wit besit wat aan die Assosiasie van Vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) behoort”. Invoer maak Amie die enkele grootste “pluimveeprodusent” en Itac se besluit plaas die land se voedselsekerheid nou in Amie se hande, sê Stander. " Aanhaling uit Landbou se webwerf met opskrif "Invoertarief vir hoender ‘slaan dronk’" http://landbou.com/nuus/invoertarief-vir-hoender-slaan-dronk/
My vorige pos verwys. Ek het Jaco se antwoord aan my mis gekyk en geantwoord op sy reaksie aan Raed. Die aanhaling uit Landbou bly egter soort van tersake: Die enigste persone wat enige voordeel uit die laerprys ingevoerde hoender kry, is die invoerders wie se profyt net groter is.
Kla kous
Sal jou na 3 Jan '17 beantwoord. Vertrek vannaan na Czech Rep toe, hoop jy sal nog hier inkyk.
Kla-kous
Intussen bestudeer die volgende skakel http://www.indexmundi.com/, dan kan ons twee op dieselfde golflengte lekker gesels. Verorbering deur SA 2017 1,885X1000MT; produksie 1395X1000MT (tekort aan produksie 490X1000MT); invoere 560X1000MT (gebaklei deur plaaslike produsente oor 70X1000MT); invoere afgeneem vergeleke met vorige jare se
plaaslike produksie.
Gelukkig eet ek net vleis. Ek hou nie van groente nie.