Die waarde van ’n naam

  • 0

Liewe Perdeby

Dit grief my ongelooflik dat daar mense is wat aanneem dat jy ek is of ek jy is. Niks teen jou persoonlik nie, Perdeby, ek lees graag jou briewe en jy's half oulik maar dit raak nou te erg. Feit is, my naam is regtig Maya en ek voel miskien moet jy verander na iets anders siende dat jou naam nie regtig Perdeby is nie. Miskien, as jy in ag neem dat Hans dink jy is vet, wil jy nie maar jou naam verander nie?

Nog ’n jakkalsie wat my erg irriteer is mense wat my bel:

Maya: Maya wat praat?
Wildvreemde Vreemdeling: Jellooo! How are you todaaayy?
M: Fine thanks and you?
WV: Very well, thanks, can I speak to Maya please?
M: (sug) Maya speaking ...
WV: Oh, Maya! How are yooou?
M: Fine thanks. What can I do for you?
WV: Don't you remember meee? I phoned you last year this time when I wanted to go to the Mooon. Remember, I told you about my flight booking ...? The one that was so expensive?
M: Umh ... what is your name again?
WV: You must remember! It's Sandy, Sandy with a C, ne?
M: Umh .. ja Candy, I remember you. (Eintlik het ek geen idee nie.)
WV: Well, Maya, I want to go again and I need your help ...

Wil mense regtig weet hoe dit met my gaan en gee hulle om? Dalk moet ek eendag sê: "Sleg dankie!". Ek wonder of hulle dit ooit sal agterkom. Ek twyfel. In elk geval, ek weet mense dink dis ordentlik om te vra hoe dit gaan, maar om dit 200 keer elke dag te antwoord is erg.

Nog een:

Maya: Maya wat praat?
Vreemdeling: Who can I speak to if I want asylum?
M: Umh ... you can speak to me ...
V: I need asylum.
M: Why?
V: My passport expired ...
M: What passport have you?
V: Jupiter? Oh, wait, Mars!
M: Are you sure?
V: Yes!
M: Maybe you should first go to your Embassy for help?
V: Which one will be the quickest?
M: (Sug).

:-0

Maya

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top