"Die vyand se vry hand" deur Francois van der Merwe

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Is ek besig om myself te verloor?
Al die gedagtes speel net oor en oor
Bring alles net tot op ? einde
Kom ons begin net weer van voor af
Laat die nagmerrie net wegval
Bring alles net tot op ? einde

Refrein:
Jy kan doen wat jy wil
Maar maak hierdie hart weer heel
Dit kruip hier in my keel af
En jy's die een wat vir my lag

Vat my terug toe alles nog sin kon maak
Toe ons mekaar nog kon aanraak
Maar hierdie is ? ander saak
Jy doen wat jy wil
Sê wat jy wil sê
Jy doen alles net oor en oor
Spyt kom mos altyd te laat
Totdat ek jou verlaat

Refrein

Jy deel jou lewe met die vyand
Jy leef jou lewe met ? vry hand
Jy hou aan my net afskeep
Sal jy regmaak voor ons wegbreek?

Jy't ? verantwoordelikheid
En ek's die een wat jy wegsmyt
Met leë gevoelens
En geen bedoeling
Teen die einde het jy dit op jouself gebring
En ek's die een wat sal oorwin
Die hele wêreld kyk na jou
En jy's besig om jouself te ontbind
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top