Die vryhede wat vrouens in Westerse gemeenskap vandag geniet, is nie aan enige godsdienstige dogma te danke nie, maar wel as gevolg van denkende manne en vroue wat die mite uitgewys het dat vrouens aan mans onderdanig moet wees, deur middel van logiese gevolgtrekkinge te maak oor die saak. Tot en met omtrent 100 jaar gelede, was die status van Christelike vroue onderdanig aan die van ’n man se gesag. In wet (SA inkluis), was die vrou, veral in gemeenskap van goedere, als minderjarige kind bejeen, erfporsie ingesluit.
“The Bible and the church have been the (historicaly) greatest stumbling blocks in the way of woman’s emancipation” – Elizabeth Cady Stanton
Sonde het sy oorsprong in die vrou en as gevolg van die vrou moet almal sterwe. Ecclesiastes (Spreuke?) 25:22
Joan of Ark was brandstapel toe gestuur as gevolg van Deut. 22:5 waar God dit as ’n gruwel bestempel waar ’n vrou klere aantrek soortgelyk als die van ’n man. (Wonder hoe vandag se vroues wat broeke, soortgelyk als man s’n, asook met kort hare geknip in sy oe gesien word?)
Met betrekking tot die wet op swaerskap, met die afsterwe van haar man, kon sy nie vrylik ’n ander man kies nie. Sy was verplig om seks te he met ’n man wat sy moontlik selfs verafsku het, selfs met ’n reeks, indien die een na die ander sonder nageslag te sterwe sou kom, en dit op God se aandrang!
Waar twee mans baklei, en die een se vrou hom uithelp deur die ander se knaters te gryp, moet haar hand sonder enige genade, op God se aandrang, afgesny word. Deut. 25:11-12
Die manlike geslag word meer “rein” als die vroulike geslag aangesien. En volgens God, indien aan ’n seun geboorte gegee word, is die vrou “onrein” vir sewe dae, indien ’n dogter, vir 14 dae, maar die onreinheid geld vir nog 66 dae daarna. Lev. 12:2,5. Ook Ps. 51:3-5.
Die man is nie van die vrou afkomstig nie, maar wel anders om, en die man is nie vir die vrou gemaak nie, maar wel anders om, en ook om na willekeug te handel: 1 Kor.11:8-9; 1 Kor. 14: 34-36; 1 Tim. 2:8-15; 1 Pet. 3:1-7; Eff. 5:22-24; Kol. 3:18,19 Haar minderwaardige status word hierin verskans.
Vrouens moet onderdanig wees en stilbly (skaars gesien en glad nie gehoor word nie). Vrouen mag nie onderrig gee nie en mag geen gesag oor ’n man he nie, weens die feit dat sy die oorsaak van oorspronklike sondes is. Vrouens moet in die kerk stillby en geen gesagsposisie daarin beklee nie. 1 Tim. 2:11-14; 1 Kor. 14:34,35 (Wonder net wat God van vandag se vroue predikante dink, en van korporatiewe base oor baie mans in ons samelewing?).
"The bible teaches that women brought sin and death into the world, that she precipitated the fall of the race, that she was arraigned before the judgment seat of Heaven, tried, condemned and sentenced. Marriage for her was to be a condition of bondage, maternity a period suffering and anguish, and in silence and subjection, she was to play the role of a dependent on man's bounty for all her material wants, and for all the information she might desire... Here is the Bible position of woman briefly summed up."
--Elizabeth Cady Stanton – 1815 -1902 (social activist for womens rights and suffrage)
Bogenoemde tekse en voorbeelde is maar net 'n skamele getal van die vele in die Bybel te vinde. Die Bybel is deur mans vir mans geskrywe, vrouen genoem waar hulle aan mans edifikasie (verheerliking) bewerkstellig.
Onder sosiale druk, en in ’n poging om lidmate te behou, het die kerk oor die afgelope 100 jaar sy standpunt oor vrouens drasties gewysig, teenstrydig met hulle eie Bybelse aanmanings in verband hiermee. Hierdie proses het nog nie ten einde geloop nie, en is nog steeds aan die gang. (Een van die dae hoor ons van 'n vroulike Pous!). Ons fundumentele "Christene" het 'n nuwe "tool" ontdek om strydige Bybeltekse met hedendaagse gebruike te versoen, wat hulle, "Spirituele Intelligensie" noem.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Ek is jammer om te vra, maar wie dra die broek in jou huis? Jy of Wim? Stem jy nie saam dat daar definitiewe rolle is in 'n huishouding nie?
Dit is wat die Bybel duidelik definieer, en as jy dit nie in daardie konteks kan insien nie, is dit jammer.
Ek neem maar aan dat jy "die man" is en "Wim" die vrou, aangesien jy so baie rondslaap met ander mans. Skandelik!
Jaco, ek het baie deernis met jou, want daar straal gereeld ietsie moois uit van jou skrywes. Jy is my medemens en ek het simpatie met jou situasie. Jou gaywees en jou haat vir Godsdiens is jou saak, maar ek dink regtig dat jy as mens kan groei as jy rustiger raak, en fokus daarop om die gif uit jou hart te kry. In die tussentyd, neem asb kennis dat jou aanvalle op wat vir baie ander dierbaar en belangrik is, dit moeilik maak om daardie ligstraaltjies wat jy af en toe hier vertoon te onthou.
Sterkte
Aletta
Dankie vir jou respons. Nou om jou vraag te beantwoord.
Wim is 4 jaar jonger as myself, en is die een met die te veel geld. Hy het sy eie praktyk, en ek werk vir ‘n baas. Hy lyk ooglopend gay, maar in alle opsigte alles behalwe verwyfd, en in myself op die oog af sal min vanself agterkom ek is gay. Ons altwee handhaaf die “Eros / Agape” (albei Griekse woorde vir liefde) uitkyk op die lewe; met eros, ‘n voorliefde vir pragtige manlike lywe, veral die wat goed bedeeld is, sonder enige emosionele verbintenis, om seksueel te gebruik en misbruik na willekeur; en tussen onstwee alleenlik, “agape”, ‘n emosionele en seksuele verstrengelde liefde, “soul-mateskap”, vir mekaar. Ons deel nooit die bed saam met ‘n derde party nie, wel afsonderlik, ek omtrent 4 keer meer gereeld as hy, weens die aard van my werk en reise wat die geleenthede daartoe vergun.
Ons uitkyk rakende die samelewing verskil redelik drasties. Ek huldig ‘n meer verdraagsame houding teenoor omtrent enige onderwerp onder bespreking waar hy inteendeel onverdraagsaam kan voorkom. Hy is onbeskaamd rassisties en wil geen swartes naby hom he nie, waar ek inteendeel heelwat swart vriende en kennisse het, maar mag hulle natuurlik nie huistoe nooi nie (omtrent al wrywing tussen ons twee). As gevolg hiervan is ons huisbediende ‘n disleksiese jong blanke (straight) man wat hy geneig is om te wil bederf (kom partykeer met moord weg rakende luigeit wanneer ek hom daaroor betig).
Afhangende die situasie van die oomblik, word seksuele rolle omgekeer, of soos hulle in moffietaal se “versatile”. So daar is nie tussen ons die tradisionele uitsluitlike “top” of “bottom” rolle nie. So ook in die huishouding doen ons alles saam (eintlik die huisbediende doen alles).
Ons het die verdere geluk, deurdat my ouboet en sy vrou Fransien, wat maar ‘n paar huise ver van ons bly, se tiennerkinders vrylik saam met hulle vriende in en uit ons huis beweeg. Hulle sien ons altwee als alternatiewe ouers. (word ook deur ons goed bederf).
Om na vroue-regte terug te kom. Daar is selfs in hierdie modern tye vroue wat verkies om ‘n minderwaardige en onderdanige rol te wil speel in die huwelik. Dit word hulle automaties gegun. Maar selfs in die huwelik is daar vandag baie vroue wat nie in daardie rol wil inpas nie. In die verlede was dit hulle nie gegun nie. Vandag word hulle regte beskerm, ten spyte wat die Bybel daaroor te se het. Doen jouself 'n guns en lees die lewe van Elizabeth Stanton, vroue aktivis vir vroueregte. Sy was getroud met kinders, 'n goeie huwelik, met 'n man wat haar deurentyd in haar stryd vir vroueregte ondersteun het. Haar huwelik was idillies. Sy het geveg vir ander vroue wat sy gesien het deur hulle mans misbruik was, en waar hulle in wet in 'n magtelose situasie verkeer het.
En tant Alie. Ek vat die Bybel nie aan net vir die “fun” daarvoor nie. Kobus met sy tipiese tref en trap optrede teen moffies met die Bybel met alle geweld toegeslinger. Ek het self uitgewys en aanvaar die Bybel praat teen moffies, maar terselfde tyd dit uitgewys daar is ook in die Bybel baie Bybelse dinge wat vandag se Christelike samelewing nie meer toepas nie (oa. die vrou se status), en sodoende dat Christene nie met die een hand toeslinger en met die ander hand huidige gebruike teenstrydig met die Bybel probeer regverdig nie.
Jaco Fourie
Jis Jaco,
Islam groei vinniger as die Christendom, gaan jy die Koran ook vir ons opsom?
Soos dinge in SA loop is dit nie baie vêr voordat Islam die meerderheid is nie. Dit beteken Sharia wet en dit beteken groot probleme vir die homoseksualiste. Hoe dan gemaak?
Duitswester
Beste Duitswester
Ek geniet jou dan en wan humoristiese tussenwerpsels! Maar grappie op 'n stokkie. Net soos die Christendom, is Islam onder hewige druk onder hulle eie gelowiges om te verander, wat reeds in baie lande tans gebeur. Jy kry fundamentalisitese Islamiete in lande soos Iran, Sudan en Noord Nigeria, en aan die teenoorgestelde kant, die in Turkeye en Pakistan, waar Westerse waardes vinnig aan te groei is, en waar die staat en Islam geskei is, godsdiensvryheid ook verskans is.
Net soos die Christendom, is Islam in sektes ingedeel, wat onderling met mekaar oorlog (heilige Jehad) voer, veral in die Middeooste. Islam in S.A. is van die Pakistani en Indonesia sektes afkomstig, wat 'n meer verdraagsame siening oor die lewe inneem. Beide die Christendom en Islam aanvaar nie moffies nie, so daar is hulle redelik eens. Hoe van hulle optree teenoor moffies kan verskil. Beide fundamentalsitiese Christene en fundamentalistiese Islamiete, sal nie huiwer om wetgewing ingesteld te kry om moffies, selfs tot die dood, te vervolg, teenoor beide Christene en Islamiete wat dit wel nie sal goedkeur, nie tot die uiterste sal oorgaan nie.
Jy's verkeerd rakende die groei van Islam in S.A. Die Shemba Christelike sekte groei tans deur 'n ongekende tempo onder swartes in Kwa-Zulu Natal. Islam se groei onder swartes is marginaal, onder ander rasse glad nie. Onder hulle eie geledere krimp hulle as gevolg van kleiner gesinne as voorheen in 'n land met 'n ontploffende swart aanwas. Onder Blankes krimp die Christendom vinnig weens 'n misnoe in ge-organiseerde godsdiens, al bly hulle in naam steeds Christene. Kerke loop leeg en gebou word grootskaals verkoop. Die Jode het ook drasties gekrimp vanaf 'n hoogtepunt van 170000 in die 1970's na 'n skamele 70000 vandag as gevolg van emigrasie.
Die ironie in Moeslem Afganistan, is 'n land waar jy meer homoseksueles per kapita kry als enige ander land ter wereld. Die is deel van hulle kultuur selfs toe hulle nog Boediste was voordat Islam hulle godsdiens op hulle afgeforseer het. Hulle uitkyk is, dit is 'n sonde is vir twee mans om op mekaar verlief te raak en 'n verhouding aan te kweek, maar fisiese-homo-seks in 'n land, skaars aan vroue (ryk mans wat baie vrouens het en die geslagtelike balans steur), en die wat daar is, is van kop tot tone bedek, heel aanvaarbaar. Die Amerikaners en Britse soldate kla juis dat die by hulle aanle. Lees gerus op die Internet daarvan, wat veel daaroor te skrywe het. Moeslem Morokko, met 'n gay koning, ook nie veel anders nie, 'n Mekka vir Europese gays, veral Frankryk om hulself te verlustig.
Jaco Fourie
Jaco Fourie
Beste Duitswester
Ek geniet jou dan en wan humoristiese tussenwerpsels! Maar grappie op 'n stokkie. Net soos die Christendom, is Islam onder hewige druk onder hulle eie gelowiges om te verander, wat reeds in baie lande tans gebeur. Jy kry fundamentalisitese Islamiete in lande soos Iran, Sudan en Noord Nigeria, en aan die teenoorgestelde kant, die in Turkeye en Pakistan, waar Westerse waardes vinnig aan te groei is, en waar die staat en Islam geskei is, godsdiensvryheid ook verskans is.
Net soos die Christendom, is Islam in sektes ingedeel, wat onderling met mekaar oorlog (heilige Jehad) voer, veral in die Middeooste. Islam in S.A. is van die Pakistani en Indonesia sektes afkomstig, wat 'n meer verdraagsame siening oor die lewe inneem. Beide die Christendom en Islam aanvaar nie moffies nie, so daar is hulle redelik eens. Hoe van hulle optree teenoor moffies kan verskil. Beide fundamentalsitiese Christene en fundamentalistiese Islamiete, sal nie huiwer om wetgewing ingesteld te kry om moffies, selfs tot die dood, te vervolg, teenoor beide Christene en Islamiete wat dit wel nie sal goedkeur, nie tot die uiterste sal oorgaan nie.
Jy's verkeerd rakende die groei van Islam in S.A. Die Shemba Christelike sekte groei tans deur 'n ongekende tempo onder swartes in Kwa-Zulu Natal. Islam se groei onder swartes is marginaal, onder ander rasse glad nie. Onder hulle eie geledere krimp hulle as gevolg van kleiner gesinne as voorheen in 'n land met 'n ontploffende swart aanwas. Onder Blankes krimp die Christendom vinnig weens 'n misnoe in ge-organiseerde godsdiens, al bly hulle in naam steeds Christene. Kerke loop leeg en gebou word grootskaals verkoop. Die Jode het ook drasties gekrimp vanaf 'n hoogtepunt van 170000 in die 1970's na 'n skamele 70000 vandag as gevolg van emigrasie.
Die ironie in Moeslem Afganistan, is 'n land waar jy meer homoseksueles per kapita kry als enige ander land ter wereld. Die is deel van hulle kultuur selfs toe hulle nog Boediste was voordat Islam hulle godsdiens op hulle afgeforseer het. Hulle uitkyk is, dit is 'n sonde is vir twee mans om op mekaar verlief te raak en 'n verhouding aan te kweek, maar fisiese-homo-seks in 'n land, skaars aan vroue (ryk mans wat baie vrouens het en die geslagtelike balans steur), en die wat daar is, is van kop tot tone bedek, heel aanvaarbaar. Die Amerikaners en Britse soldate kla juis dat die by hulle aanle. Lees gerus op die Internet daarvan, wat veel daaroor te skrywe het. Moeslem Morokko, met 'n gay koning, ook nie veel anders nie, 'n Mekka vir Europese gays, veral Frankryk om hulself te verlustig.
Jaco Fourie
Jaco Fourie
Jaco,
dankie vir die terugvoer, paar dinge daar wat ek nie geweet het nie.
Maar is jy ernstig, kan ek glad nie uitsien na 'n brandstapel nie?
Cheers
Duiswester
Jaco
Ek kan eerlik sê ek is 'n kind van Jesus, maar ek stem saam dat die Bybel deur mans vir mans geskryf is. Ek is as kind vreeslik seksueel mishandel en dit het my die grootste feminis moontlik gemaak, versies soos hierdie het gemaak dat ek nooit my Bybel wou lees nie, ek kies selektief wat ek wil lees. Ek het ook groot geword met 'n pa wat my laat verstaan het dat die man praat en die vrou luister en doen. Die boere om ons het permanent gepraat van vrouens asof hulle die mindere is en as jy swanger is het hulle van jou gepraat asof jy 'n dier is. Ek het al as kind hierdie vreeslike kwaad in my oor wat als in die Bybel staan en ek weet ek het meeste stukke verkeerd verstaan, maar as kind het die my feminisme vermenigvuldig. Almal gooi so klippe na gays, maar my een vriendin is gay agv seksuele mishandeling n hulle gebruik vinnig die Bybel as aanhaling, maar hulle vergeet dat in die Bybel staan jy mag nie oordeel nie, nou wat nou? Baie dankie vir jou opinie, ek glo elke persoon het die reg tot spraak en ek hoor wat jy sê.
Liezl
Daar is glad nie duidelikheid oor wat met die vers oor dra van mansklere deur vrouens.Dit is al vertolk dat vroue nie deel mag neem aan oorlog nie.
Oorlogskampe was heilige plekke omdat God self daar teenwoordig was,
Daar mog dus nie afleiding van enige aard wees nie.
Ander vertolkings dui op die begrip 'modesty' .Vroue moes dus so geklee wees dat die nie tot seksuele prikkeling gelei het.Kyk bv na die kleredrag van vroue in die midde ooste en plaaslik.Israelietse vrouens se klere drag was gewoonlik langer met moue en van fyner materiaal en is sluiers gedra,
Wat staan nou eintlik in Tim 2 vers 11
"11.Ek wil nie hê dat vrouens die mans se werk moet doen terwyl hul besig is om die gemeente te leer nie,Hulle moenie probeer baasspeel oor die mans nie,maar eerder stilsit en luister''
Hoe sal dit nou vandag lyk as die dominee besig is om te preek en sy vrou opvlieg en haar man in die rede val en bv. sê 'nee nou praat jy nonsens' dit is nie wat dit beteken nie en dan ondersteun van die vrouens van die gemeente haar met 'Sê hom,mevrou.'
Natuurlik sal die mans dan inspring en hul vrouens probeer stilmaak.'n Resep vir algemene chaos.
Indien 'n vrou van die man se skrifverklaring verskil neem sy dit op in privaatheid
van haar woning en 'n man wat vrygemaak is deur die genade wat God aan hom skenk deur die offer van sy Seun,sal geduldig luister en wie weet dalk leer hy meer by haar as wat hy gedink het hy weet.
Dit is net mans soos skrywer wat die skrifaanhalings so vertolk om onmin en onkunde te saai met verdraaide skrifuitleg.As jy werklik Jesus Christus as jou enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar,daal jy nie af tot die vlak nie.
Graag gee ek my inset, indien ek mag?
As kind het ek opgegroei dat slegs mans in leierskapposisies staan. Op 17-jarige ouderdom kom ek tot bekering. Na 25 jaar roep God my tot Sy bediening . Ek het God se sagte Stem vir drie nagte aaneen in my slaap gehoor met die woorde: “I have chosen you”.
Met tye moes ek my man wakker maak. Ek was verward; want God gebruik dan net mans vir Sy Woord!
Daarna het ek ’n diep verlange gekry om die Woord op strate te gaan verkondig. Ek was baie “challenging” en het God gevra: As U my gekies het; Sê dan watter Woord ek môre moet gaan bedien. Daardie nag sou ek in ’n droom ’n Sagte Stem hoor wat sê watter Skrif ek moet bedien. Ek was kwaad vir God, want hoe maak ek nou? Tog het ek gegaan. Vir drie jaar het ek en ’n vrou, Anna Jumat, straatprediking gaan doen. En die Heilige Gees was vaardig op my. Mense het tot bekering gekom.
Ter selde tyd het ek baie aanvalle van manlike predikers ontvang. Een pastoor het die woorde aan my gesê: “Julle vroue moet jul bekke hou.”
Ek het baie met God hieroor geredeneer.
Een dag in my kantoor; hoor ek duidelik Sy stem: “Gaan lees op watter donkie Bileam gery het.”
Met bewende vinger het geblaai na Numerie 22v 21: “Toe maak Bileam die more vroeg klaar en saal sy eselin op.” ’n Eselin is ’n vroulike donkie.
Vers 28: Maar die Heer het die bek van die esel oopgemaak en sy sê vir Bileam: “Wat het ek jou gedoen, dat jy my al drie keer slaan?”
God het my verseker as Hy ’n vroulike dier kan gebruik kan Hy beslis ’n vrou gebruik.
Omdat God my geroep het; en my verseker het dat Hy my as vrou gebruik; doen ek wat God van my verlang. Ek koester steeds die wêreld se respek vir manlike predikers. 10 jaar terug is ek geordende as pastoor en staan saam met my man in bediening.
Mooi bly