Hallo Jan Rap,
Ek vermoed ons geredekawel oor “NIKS” verveel teen hierdie tyd almal hier op SêNet en ek sluit dus hiermee my siening af.
Die verskil tussen (-1) en (+1) is 2. Microsoft Excel se sigblad, is ook hiermee eens en ek is seker, jy ook. Net so is die verskil tussen bv 5 en 3 ook 2. En net soos daar tussen 5 en 3 ’n getal/syfer (nl 4) voorkom, kom daar ook ’n getal tussen (-1) en (+1) voor (nl 0).
Maar volgens die Westerse Kalender is die verskil tussen 1 vC en 1 nC daarenteen net 1 jaar en nie 2 jaar nie omdat die 0 weens Exiguus of die Romeine se wiskundige ongeletterdheid of moedswilligheid, ongelukkig in die slag gebly het.
Gelukkig het Joseph Scaliger se Juliaanse Kalender wat in 1583 voorgestel is en wat ek reeds in ’n vorige bydrae volledig beskryf het, nie in dieselfde gat getrap nie en vandag maak duisende Wetenskaplikes en Sterrekundiges, sonder enige aansuiwerings of wroeging, gebruik van die Juliaanse Kalender met sy JD 0.0000, wat ooreenkom met 1 Januarie 4713 vC van die Westerse Kalender.
Groete,
Panda

