Titel: Die verhaal van Racheltjie de Beer
Skrywer: Brett Michael Innes
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781920518233
Koop Die verhaal van Racheltjie de Beer by Kalahari.com.
Die groot Nederlandse uitgewershuis Mozaïek het so pas bekend gemaak dat hulle die Afrikaanse trefferboek, Die verhaal van Racheltjie de Beer, geskryf deur Brett Michael Innes, 2013 in Nederlands gaan vertaal en uitgee. “Ons is baie opgewonde oor hierdie deurbraak. Dit is vir die Afrikaanse volksverhaalkuns ’n groot stap vorentoe om hierdie besondere en kosbare Afrikaanse verhaal aan ons Nederlandse bure bekend te stel,” sê die skrywer.
Die Afrikaanse uitgawe van hierdie nou reeds baie gewilde verhaal het die afgelope jaar in beide Afrikaans en Engels by die uitgewershuis Naledi verskyn en die verkope van beide uitgawes vaar besonder goed. Die belangstelling in volksverhale soos oor Racheltjie de Beer en ander volkshelde word veral aangevuur deur debatvoering in die media oor die egtheid en belang van dié tipe verhale vir lesers. Miskien is die argument dat dié soort verhale tog nie in die vergetelheid mag verdwyn nie, juis die rede waarom uitgewers en skrywers dit ook nie sommer net kan ignoreer nie.
Daar word met groot verwagting uitgesien na Nederlandse lesers se ontvangs en reaksie op Die verhaal van Racheltjie de Beer.

