
Die gewilde groep Die Tuindwergies reik op 2 Julie 2012 hul tweede vollengte album Terwyl die Donker Wolke Dans uit. Die Tuindwergies het in 2011 die MK Toekenning vir Beste Nuweling gewen en hul veelsydige musikale aanslag het oor die afgelope paar jaar vir hulle vele aanhangers uit verskillende oorde ingewin. Jonk, oud, slinks, goed, kwaad, wild, ordentlik – almal hou van Die Tuindwergies.
Die Tuindwergies bestaan uit twee groepe broers wat uit talentvolle, musikale families kom. Hul eerste kortspeler “Tuis Gekweek” was in 2009 uitgereik. Die liedjie “Kopskudkinders” was dadelik `n treffer en het die no 1 posisie op Tuks Fm se Top 30 en Jacaranda fm se Top 10 behaal. Hul (selfgetitelde) eerste vollengte album was in 2010 uitgereik en het Die Tuindwergies gevestig as een van SA se mees geliefde musiek groepe.
Video van eerste radiosnit “Golwe (Terwyl die Donker Wolke dans):

30 Junie 2012 - Innibos MK Verhoog.
2 Julie 2012 - Musiekwinkel bekendstelling TBC
4 Julie 2012 - Die Blou Hond, JHB Media Bekendstelling
6 Julie 2012 – Firkin, Centurion
7 Julie 2012 – Renosterkop, PTA
11 Julie 2012 - Gatta Patat, Kaapstad Media Bekendstelling
12 Julie 2012 - Aan de Braak, Stellenbosch
13 Julie 2012 - Billabong PRO, Jeffreysbaai
18 Julie 2012 - Lil Diamond, Bloemfontein
25 Julie 2012 – Aandklas, Stellenbosch
28 Julie 2012 – CPT TBC
1 Augustus 2012 - Memphis Rock, Potchefstroom
2 Augustus 2012 - Arcade Empire Nuwe Venue PTA

