Die tema van skuld, Francois

  • 0

Hello Francois,

Kennis geneem van jou terugvoering, neem egter kennis die betrokkenheid van mense, hoe kan dit anders wees, is implisiet en eksplisiet deel van die vertelling en is aangedui in die volgende frase uit my brief.

Dit was die tipiese bose kringloop en in hierdie geval, die wat dors na skuld en die wat die kapitaal kon voorskiet, was in perfekte harmonie.

'n Ander tema wat aangespreek kan word en nie net in die aspekte soos dit alreeds aangespreek is nie, is die belangrikheid en kompleksiteit van skuld en die geskiedenis van skuld en die rol daarvan in die mensdom en sal ek graag daarna wil verwys in 2012. 

Stokvel is goed en wel, maar dit dui nie aan wat die toestand in Suid-Afrika was nie, werklike statistieke, skuldvonisse ens is die aspek wat bespreek moet word.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top