"Die Teken Agter My Vraag #SienJyDit?" deur WJ van Der Heever

  • 0

Die Teken Agter My Vraag #SienJyDit‏

Gaan jy sink of gaan jy swem?
Gaan jy beheer neem of saam met die stroom wegvloei?
Moet elke tweede woord rym?
Is hierdie die koor of die refrein?

REFREIN:
Maak dit saak? Wat maak dit saak?
My gedagtes soos 'n muur gekraak
Onstabiel en wankelrig
Nes die lewe is ons twee se liefde ook 'n klug
Maak dit saak? Wat maak dit saak?

Waar trek ons nou?
Nes ons liefde het ek beheer verloor oor hierdie vers
My emosies versmoor deur 'n wolkombers
Dalk was almal reg oor hierdie ouderdomsverskil
En dan dra sy nog ? bril

REFREIN

BRUG:
Sy's lame, bra (Het hulle gesê)
Al wat sy doen is kla (Het hulle gesê)
Om nie eers te praat van haar ma (Het hulle gesê)

REFREIN

Sy maak saak
Sy maak saak

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top