die swart hond

  • 1

Foto: Canva.com

die swart hond
van kleins af
tot nou
was daar ’n beeld
in my kop
wat net nooit wou
weggaan nie.

die beeld van ’n
swart hond
wat by onse
kombuisvenster
staan en loer.

hy lyk moeg 
en ongesond,
soos een wat ’n 
slegte oggend gehad
het.

ek het hom al goed 
geken
as die swart hond
wat lyk asof hy my
oor iets wou waarsku –

my oumagrootjie
het nooit van swart
honde gehou nie.

  • 1

Kommentaar

  • Ek ken daai swart hond en hou nie van hom nie, nes jou ouma. Hou hom ver weg van jou af.
    Puik verwoord. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top