Die stofduiwels

  • 0

Foto: Canva

Die stofduiwels

daar was een tyd lank gelede
op die dorre vloer
van die woestyn
’n wese van gebreekte glas
aanmekaar gelas
met gevoelens

wat nie verstaan het
hoe alles so droog kan wees nie
daar was water
onder die grond
wat die windpomp gebring het
tog was alles droog

die stofduiwels het gespeel
elke dag
dag na dag
saans raak dit stil
baie stil
te stil om te slaap

tussen al die niks
om in die ontevrede te skarrel
elke dag
as die stofduiwels dans 

hier kom niemand
net die wind
die son en die maan
om snags koel troos te bring

tot die reën
eendag gekom het
alles verspoel het
die wese van glas
het verdrink
omdat
hy nie water geken het nie

nou spook hy
saam met die stofduiwels bedags
om snags
in die koelte te rus
van die hitte van die son
by die lig van die maan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top