Johan van der Merwe

Johan van der Merwe is ’n sosiale ingenieur. Hy bou en herstel gebroke verhoudinge deur dit aan die lig van egtheid te onderwerp en dit sodoende te help verdiep. Hy is opgelei as ’n predikant (NG) en is voltyds in diens van Die Lewende Kerk - ’n Onafhanklike Gereformeerde gemeente wat in Randfontein gebaseer is. Hy is ook ’n Reebok-opgeleide gesondheids- en fiksheidsinstrukteur, hoërskoolonderwyser (NOS), en het ’n M-graad in diviniteit. Sy verhandeling het gegaan oor kinderkerke in tradisionele NG gemeentes en die langdurige effek daarvan op die vorming van kinders se persoonlike spiritualiteit. 

Hy is ’n veelvoudige besigheidseienaar en besit en bestuur Vredenvlucht Landgoed, waar hy die meeste van sy skryfwerk doen. Hy is die afgelope agt jaar betrokke by die Connie Mulder Sentrum vir multigestremde volwassenes.

Die stofduiwels

Johan van der Merwe Poësie 2024-11-28

"hier kom niemand
net die wind
die son en die maan
om snags koel troos te bring"

Top