Die stem

  • 33

Foto: Canva.com

Die stem

Ek haat my stem. 
Nie die kruisie een nie, 
dit is iets waarvoor ek sal sterwe. 
Ek haat die een met die spraak, 
die skril, dun iets, wat die digter niks 
baat en die bully materiaal gee vir 
’n grap en ’n kerfplek. 
Die stem wat diertjies op die 
grond laat wonder wat was dit 
van daar bo, 
want dit is beslis nie ’n god nie.

  • 33

Kommentaar

  • Goed geskryf Jerome. Ons is beslis nie gode nie. Ek dink gode (as daar is) luister meestal en as hulle sou praat is hulle stemme 'n engelsagte fluister.

  • "...wat die digter niks baat en die bully materiaal gee vir 'n grap en 'n kerfplek" - is my gunsteling frase!

    Dankie dat ons kan sin maak van die deuntjies van jou hart, want skryf is definitief jou hartklop! ♥️

  • Tanya de Lange

    Jerome! Jy het talent verby jou jare, en is 'n inspirasie vir ons almal anders met jou woorde! 😁😁

  • My hart bloei van blydskap!jou gedig veroorsaak deusnee in my hart!DIt dien as mondstuk vir baie wat nie 'n stem het nie.Baie trots op jou Jerome😘

  • Miriska Robinson

    Dit is baie mooi geskryf Jerome kort en kragtig maar die boodskap van die poem raak die leser. Trots op jou!

  • Chànde van der Westhuizen

    Die gedig is iets besonders en dit laat jou dink aan hoe jy jou stem gebruik om ’n boodskap te weergee.
    Goeie werk Jerome!

  • Die een is beslis 'n wenner, Jerome! Kort maar kragtig. Kannie totdat jy eendag (dalk binnekort) jou digbundel uit gaan gee nie. Jou gedigte is amazing. 🌻

  • Chànde van der Westhuizen

    Dit is 'n voorreg om te kan sê dat ek onder u vlerk is. Knap gedaan, Jerome!

  • Christal Stevens

    Kort en kragtig,maar dit sê so baie. Briljant Jerome. Hou so aan ek is verskriklik trots op jou!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top