Die Sondvloed vir gewone mense

  • 9

Kom ons bekyk bietjie die saak: Dit het glo geweldig lank gereën, ek dink hulle sê veertig dae en veertig nagte. (Ek wil nie nou al die detail presies naslaan nie.) En, sê hulle, tot die hoogste bergpieke was bedek onder die water. Nou, Berg Everest is amper nege kilometer hoog bokant seespieël, dus moes die hele aardbol bedek gewees het met water, nege kilometer hoog.

So ook moes die oseane bedek gewees het met 'n geweldige dik "laag" vars seewater. (Vergeet nou maar dat die sout- en varswater vermeng sou geraak het, feit is die seë was dan nege kilometer dieper en gelyk met die berge.) Nêrens was daar 'n droë kolletjie oor nie, behalwe natuurlik in die Ark se binneruime.

Nou het ek hierdie twee eenvoudige vragies, wat ek sukkel om te verstaan, sonder dat ek bedoel om die Here se woord in twyfel te trek, indien die Bybel dan wel ten volle die Woord van God is:

1. Waar het al die ekstra water vandaan gekom?
2. Wat het daarna van al die water geword, want daar was tog nêrens waarheen dit kon wegvloei nie?

Dit is dingetjies soos hierdie wat my laat twyfel of dit werklik 'n verhaal van God is, en nie dalk net 'n mensgemaakte fantasieverhaal nie. Kan iemand help?

SêNet Briefskrywer wat graag wil glo

  • 9

Kommentaar

  • SêNet-briefskrywer

    Google ' A Christian Physicist Examines Noah's Flood and Plate Tectonics' deur Steven Ball Ph.D en
    ek is seker jou meeste vrae sal beantwoord word.

    Groete
    Frans

  • Dag Briefskrywer,

    Sorrie man, hierdie is dalk nie heeltemal die regte plek om daai vraag te vra nie. Ek stel regtig voor jy "Google" eers die ding vir 'n lang tyd en lees die "reviews" van 'n paar dosyn boeke op Amazon, koop een of drie en maak so 'n antwoord bymekaar.

    Op hierdie werf gaan jy guano antwoorde kry van 'n spul spotters en lang guano stories van 'n spul onkundiges.

    Nie een van die kategorieë gaan jou eens 'n moontlikheid kan beduie nie, maar dis orraait. Die pret kom wanneer al die kenners van jou vergeet en mekaar se moere begin vloek.

     

    Cheers

    Duitswester

  • Kobus de Klerk

    As jy eerlik is en jy wil werklik graag wil glo, glo dan. Is dit nie waaroor geloof gaan - om te glo, dit wat jy nog nie weet of verstaan nie? Wil jy dit deurtrek  na die HERE, as jy dan 'n gelowige is  - wil jy eers alles omtrent God weet en verstaan, voor jy in Hom sal glo? Is dit jou voorwaarde?

    Hoe kan enigeen  alles omtrent God weet en verstaan, behalwe dit wat Hy in Sy genade omtrent Homself aan ons openbaar, waartoe ons verstand in staat is?

    Geloof bring jou by die kennis uit.

    Kobus de Klerk

  • Sover ek weet stem alle opgevoede Christene saam dat die Genesisverhaal 'n mite is. Ek weet nie waarom daar so eindeloos oor gestry en baklei word nie. 

  • Ai tog, hier kom nou weer 'n stortvloed (no pun intended) van die mees banale fundamentalistiese snert denkbaar!

  • Hi Kobus,

    Ek stem 100% saam met jou. Maar soos jy weet, ontwyk die waarheid hierdie mense, want God gegewe geloof bring wysheid, insig en kennis, nie andersom nie.

    Bryanvds,

    Onder watter definisie klasifiseer jy “opgevoede” Christene? Chris het ook noudiedag verwys na “meer verligte” Christene? Is dit nou diegene wat glo dat God die hemel en aarde geskape het en alles daarop en daarin, maar nie ‘n sondvloed kan laat gebeur nie of ‘n vis groot genoeg kan maak om ‘n man in te sluk en die man kan lewend hou nie? Is dit dalk diegene wat die Bybel net gedeeltelik aanvaar en die gedeeltes wat hulle nie pas nie (of volgens hulle nie wetenskaplik bewys kan word nie), verwerp? Of diegene wat menslike beperking op die Almag en Wysheid van God plaas om sodoende die nodige kompromieë aan te gaan om die wêreldse sienswyses te akkomodeer? Of diegene wat "Ja vir Jesus" juig maar die belangrikheid van die Ou Testament vermy?.....

    Maar, laat ek nie jou definisie vooruitloop nie, nee-nee, ek wag om van jou te hoor.

    Oom Daan,

    Stop dadelik om verder te lees. Skakel stadig die rekenaar af. Neem die Huisgenoot en ontspan buite op die stoep. Sodoende ignoreer jy enige skrywes wat jou geafronteerd laat voel, hier op die Net.

    Sterkte

    Dolf

  • Opgevoede Christene: Christene met genoeg kennis om te kan onderskei tussen mites en feite. 

     
     
  • Brianvds,

    Volgens jou definisie van “opgevoede” christene, kon jy maar net die woord “Ditto” onder my talle raak beskrywings hierbo geskryf het.

    En dan karring julle dat ek, Kobus, ens moet ophou om te skryf dat julle geen kennis of insig het van sake Gods en ware geloof nie ... maar julle bewys dit oor-en-oor.

    Sterkte

    Dolf

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top