"Die skinder in my oor " deur JL van der Walt

  • 0

Die is ’n gedig aan my gerym
Oor ’n sprokiesland wat vêr verskyn
Steeds bly ek loop, sonder haas
Oor herinneringe vars van laas

Soggens voel ek die lewens-tou
Wurgend om my nek gevou
Later smeek en vir nog ’n kans
Dat ek in skemer saam met u kan dans

Ons almal het ’n storie, ons almal het pyn
Maar waar is my lig as die son verdwyn
Seker nie te vêr nie, seker net hier
Hier binne brand ’n hartseer vuur

Want hier binne my gekraakte hart
Lê ’n sleutel na my vloed se ark
Ek's nie meer bang nie, ek's nie meer kwaad
Soms is dit net ’n bietjie laat

Moet nie worry nie
Ek's môre nog hier
Sien net my donker, sien my net raak
Al dink jy dis vir ’n beroemdheid smaak.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top