Die skepping van die aarde

  • 3

Die aarde is op die eerste dag geskape, saam met die hemel en die lig, volgens Genesis 1 verse 1 tot 5. Sien ook Exodus 20 vers 11, waar die volgende staan:

"Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus ..."

So, iemand wat nou wil beweer die aarde kon miljoene jare bestaan het voor die ander dinge geskape is, ken nie sy Bybel nie.

Groete,

Heiden

  • 3

Kommentaar

  • Beste Heiden,

    Dis darem waar woorde wat jy spreek. Iemand wat beweer dat die mens die produk van evolusie is , ken ook nie sy Bybel nie, want in  Genesis 2:6 staan daar tog duidelik: Die here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde. Verder in Gen.2:21 staan daar tog duidelik "en die ribbebeen wat hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou".  Dis die dat ek my kaalgevrete skaaptjoppiebene in 'n streepsak hou - 'n mens weet nooit nie. Volgens die Bybel behoort bid mos die ding te doen.
    Groete
    Angus
  • Angus, dis maklik om julleself te vermaak deur te aanvaar dat simboliese goed letterlik deur gelowiges opgeneem word.   Maar hei, as dit jou bootjie laat wieg gaan gerus voort; daar is seker nog boekdele waaroor jy en Heiden julle pap kan swehoen, verskoon die Engels.
    Nee, dis julle saak.  Wat ek eintlik vir jou wil sê is dat ek kan nie glo dat jy glo dat die mens op aarde evoleer het soos blyk uit jou opmerking hierbo nie.  Waar val jy uit?  Hoe kon die mens hier evoleer het, oor miljoene jare neem ek aan glo julle, en ons kan nie eers 'n uur in die son verkeer sonder om ernstige letsels op te doen nie.  Ek meen, evolusie sou ons mos sterk velle gegee het vir hierdie aardse son, dan nie?  Selfs nie eers mense met donker velle kan vir 'n lang tyd aan fel son blootgestel wees nie.
    Jy gaan dan ook seker akkoord met die absurde idee dat die mens in Afrika "ontstaan" het en toe oor die ganse aardbol getrek het net om weer terug te keer Afrika toe (sommiges, daar is nog mense in Europa en Asië oor.  Die "wieg van die mensdom" kamtig, hier anderkant Benoni of Bronkhorstspruit of Krugersdorp of Witbank of iewers waar in jou lewe ....
    Nee Angus, die feit van die saak is ons kom van 'n heel ander sonnestelsel af, iewers in die Pleiades vermoed ek.  Ek is nie seker van die Sjinese, die swartes en die Indiërs nie; ek dink hulle was voor ons hier maar nou weer vanaf 'n heel ander sonnestelsel.

  • HI JAN RAP EK DINK JY KYK TE VEEL WETENSKAPSFIKSIE VAN ALIENS WAT DIE AARDE BINNE DRING EN DUIDELIK LEES JY NIE DIE BYBEL NIE ANDERS SOU JY GESIEN HET DAT SOOS ANGUS SE DIE HERE ONS GOD SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE HET DIE MENS GEMAAK VAN DIE STOF VAN DIE AARDE. EN JA DIT IS SO DAT ONS SKADE OPDOEN WANNEER ONS TE LANK IN DIE SON IS MAAR DIT WAS NIE VAN ALTYD AF SO NIE DIT HET GEKOM MET MODERNISERING EN DIE OSOON LAAG BESKADIG IS HET DIE SON SE ULTRAVIOLET STRALE FELLER GEWORD, DIT IS WAT ONS LIGGAME SKADE DOEN, DIT EN ONSSELF.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top