Die skeiding van staat en die indiwidu se sekskeuses

  • 14

Ek het niks teen enige godsdiens nie, solank hulle nie my probeer “red” nie, of my lewe te wil reguleer deur die gesag van die staat te probeer manipuleer volgens hulle sieninge nie.  Godsdienstig-gerigte politieke partye in ons parlement en sekere kerke en organisasies, probeer juis dit te doen, en ek sal alles in my vermoë doen om hulle teen te staan.

Ek is gay, en bewaar enige siel wat met my leefwyse wil inmeng, want  sodanige persoon/e sal beslis die slegste daarvan afkom.  Mense wat veelwywers is (soos Zuma), heteros of homo’s wat net wil saamlewe sonder om te wil trou, “partner swapping”, orgies, bi-seksualiteit, of mense wat met hoere verkeer, of die hoere self,  hetero’s wat met vrouens eerder sodomie wil pleeg, seks oor die kleurgrens,  voorkeur vir orale seks,  “polyandry” (klomp mans met een vrou) ens is almal mense wat op hulle seksuele  voorkeure geregtig is, en as sodanige, word deur my hulle reg daartoe gerespekteer, sonder enige voorbehoud.

Enigeen wat afkeur van enige van bogenoemde sekskeuses het, mag maar hulle afkeur uitspreek, dit is ook hulle reg.  Maar moenie probeer inmeng of manipuleer nie, want dan is sodanige persoon in stryd met die indiwidu se regte volgens die konstitusie van ons staat.

Onder Apartheid, het die staat die indiwidu se sekslewe probeer reël.  Seks oor die kleurgrens was met tronkstraf strafbaar.  Om gay te wees, was jy onder gedurige heksejagte en vangstrikke (trapping) onderhewig.  Een man vir een vrou alleenlik, veelwywery was strafbaar onder die wet (behalwe vir swartes); met ‘n hoer betrap ‘n skande wat die koerante uitgeblaker en die persoon se lewe verniel het, ens.

So dit gaan nie net oor gay regte alleenlik nie, dit het te doen met almal se reg om sy eie voorkeur seks met ander instemmendes te kan beleef.

Ek raak gatvol wanneer ek hier op die Net lees, god, christus, of die heilige gees verwag dit of dat van die mensdom.  OF. Dit en dat is ‘n euwel in sy oë. Ek sê vir hulle: “FOK, so what!”   Sover dit my aangaan, kan al hierdie gode gaan doppies blaas, en nieteenstaande my “godslastering” sedert meer as twintig jaar gelede, is ek nog springlewend gesond en welaf, nie aan enige god of duiwel te danke nie, maar weens my eie vernuf en versorging van my gesondheid.  My jong dweep godsdienstige buurman besig om aan klier-kanker dood te gaan, reken hy is geseënd!!!  (Nou wonder ek waar is sy god wat hom nie wil help nie!) Wel. (sug)  Hy is ook maar geregtig op sy siening of “geloof”.

Jaco Fourie

  • 14

Kommentaar

  • Dankie vir jou eerlikheid Jaco, maak net seker - is jy gelukkig? Jou uittering: 'Ek sê vir hulle: “FOK, so what!”   
    klink vir my vol onderdrukte frustrasies?

  • Wat gaan aan Jaco?

    Jy is nie jou normale self (tietklampe en "leathers" ) nie. Grappies "aside", ek sien soos Trienie ook 'n skerp frustrasie in die omte.

    Ding is, as man 'n ding uitjou en koggel terwyl jy jou verligte keuse ophemel, is dit maar 'n bliksem die dag as jou keuse jou begin ontnugter.

    Jaco ons twee weet op hierdie skrootwerf lê niks wysheid rond nie, maar dit smaak my half jy het 'n bietjie "time out" nodig, sonder kerk-heavies en ook sonder tietklamp-swendelaars.

    Los die Bybel en die tietklampe by die huis en gaan soek stilte, laat jou siel eers bietjie met jou opvang.

    Of vat tog net 'n kalmeerpil, as jy in gemoedsbekakking verval is jou skrywes niks pret nie.

     

    Cheers

    Duitswester

  • Trienie.

    Jy vra of ek gelukkig is.  Weet jy.  'n Gelukkiger man glo ek sal jy nie kry as ek nie.  Ek het alles in die lewe wat ek begeer.  Besonderse goeie gesondheid, finansiële gemaksug, vryheid van denke, vryheid van beweging (ek reis omtrent  net waar ek wil, en met sekere voorbehoude met betrekking tot my werk, net wanneer ek wil).  Ek het 'n liefdevolle lewensmaat in Willem wat my bed, en partykeer saam met ander, dit ook deel.  Gesamentlik het ons 'n wye vriendekring en aan die anderkant, ook vriende afsonderlik van mekaar.   Ouboet, sy vrou en kinders is ondersteunende familie soos min.  Ek en Win is tweede ouers vir sy kinders wat daagliks, saam met hulle vriende vrylik in en uit ons huis beweeg.  (Maar ja. Ons bederf hulle ook maar goed). Ek beklee 'n werk wat ek terdeë geniet, plaasboere-kliënte wat my as hul huisvriend beskou.  En ja.  Ek weet baie beskou my met 'n benydenswaardige gemoed.

    Op jou kommentaar: "klink vir my vol onderdrukte frustrasies?" wil ek net soos volg daarop reageer.  Ja.  Daar was 'n tyd toe ek erg aan onderdrukte fruatrasies gely het.  Dit was gedurende my pubertiteitsjare, jare as katkisant van die NG Kerk Berea Durban. My ouers het my as eng Afrikaner-Christen grootgemaak.

    Masturbasie was 'n groot sonde, en op daardie ouderdom met  groot gewetenswroeginge, oortyd aan die aksie gewerk  (selfs vandag doen ek dit nog met 'n goeie porn dvd, sonder enige wroeging).  Twee of driekeer per dag na elke geval, was ek op my knie om vergiffenis van god te pleit, en belowe ek gaan dit nie weer doen nie.

    Om kaal voor ander te wees was 'n groot sonde. Ek het my altyd doodgeskaam op skool om kaal voor ander te moet stort. Vandag is ek  'n nudis soos min.  Ek gaan gereeld na die gay nudiste plaas, "Voëlkop",  buite Brits.  Sandybay sien my gereeld.  Met 'n paar plaasboervriende is ons sowat driekeer per jaar die Lesotho Malutiberge kaalgat in, verlustigend in mekaar se lywe.  Ek lees KdK skryf soos volg: "Nudiste doen dit vir hul onnatuurlike plesier"  Ag siestog.  Lyk vir my die Christen is eerder die een met die  onderdrukte frustasies.

    Om buite voorgeskrewe grense te dink was 'n groot sonde. Vandag is ek 'n vrydenker.  Ek gee erkenning aan ander se navorsing, en hoe akuraat ookal, sal ek dit vir myself net aanvaar indien dit my lewensgeluk pas.

    Om ongehoorsaam te wees was 'n groot sonde.   Om Engelse vriende te hê was 'n euwel, verraaierskap teenoor jou volk, en in die oorwegende Joodse voorstad waar ons gewoon het, bewaar jou siel indien jy sou dink  om 'n Jood huistoe te bring!  Afrikaanse skole was te ver, dus was ek op Engelse skole.  Dit was deur my ouers verdra, maar nie enige Engelse vriende nie.  My ouma aan my ma se familie was amper in die konsentrasiekamp weens disintrie as jong dogter dood.  Die groot blou bottel kasterolie het haar lewe gered. Daaraan het ons te danke dat ons vandag bestaan; tot vervelens toe aangehoor.  Kan jy my blameer wanneer ek hier op die Net en veral Rooi Daantjie op Praag gedurig die "sob" stories oor die konsentrasiekamp nog moet lees.

    My lewensvisier is  op 'n Engelse Universiteit (my beursvoorsiener se vereiste van universiteit) verbreed.   Daar het ek ateis geword, eintlk die enigste onder my klasmaats. 'n Paar jaar later het ek ouboet ook oortuig.  Beide my homoseksualiteit, waarvan ouboet van die begin af bewus was, asook ons verwerping van enige bonatuurlike entiteit wat enige god of duiwel insluit, het ons dit van ons ouers verberg tot hul dood toe.  Sondae het hierdie twee ateiste gedwee saam met hulle kerk toe gegaan, en aan al die godsdienstige feeste saam deelgeneem, selfs aan die nagmaal (lekker maar te min wyn).  Maar om ons ouers te kon behou, moes ons vir hulle gelieg het want ons altwee was innig lief vir al twee, en daarvoor (die leuen) het ek spyt.

    Maar ja.  Vergeleke met wat ek was, en wat ek nou is, is daar geen manier dat ek wil wees soos wat ek was nie.  'n Jong man in sy beste jare, met onderdrukte frustrasies soos min, teenoor vandag se middeljarige man wat diep vars asem uit die lewe skep.  Ek sien hier op die Net vele wat aan onderdrukte frustrasies ly,  veral diegene in die gekkegrens politiek, asook die "christene" wat vir ander gedurig wil voorskryf.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco

     
    Ek het jou brief en kommentaar waardevol gevind en beaam dat soms is dit geoorloof om kwaad te word vir die wat so wil voorskryf en almal se regte behalwe hul eie wil beperk. Daar word gepoog om redelik te wees, ordentlik te wees, maar moet 'n streep in die sand getrek word met tye. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Duitswester

    Ek was lanklaas na 'n "leather do"  gewees.  Maar ja. Gee die geleentheid is ek in my "leathers, tietklampe, swart Duitse (Nazi-SS) "peaked" leerpet,  knie-hoogte-leerboots, leerbroek met "crotch-evoker" flap voor; leerstok  en al"  uitgetof.   (My totale uitrusting - genuine Morrocan soft  black leather, kos by die R8000, 'n geskenk aan my van Wim 'n klompie jare gelede; hyself, 'n weersin aan "leather-sex"). 'n Paar jaar gelede het ek vir 'n "Mr Leather"-kompetisie probeer inkom, maar hulle wou eintlik net die jong "fillies" uitsoek, "queens" wat in "drag", pleks van pruike en rokke, nou in leathers (eintlik swart plastiek) wou rondpronk.  Dit was beslis nie my "scene" nie.

    Die rou reuk van opregte gebreide leer en die wrywing daarvan teen my vel, het in sigself 'n erotiese uitwerking op my en ander "ledermeisters."

    Saam met ander "ledermeisters" kan ons in 'n seksuele fantasie-wêreld inbeweeg, verskillende rolle (soos akteurs) deelneem in 'n algehele seksorgie.  Ek neul aanhoudend by Wim om vir my 'n Harley te koop om dit af te rond, maar tot datum wil hy nie.

    Lesers geskok?  Ek glo so.  Maar weereens op 'n vraag van Trienie hierbo aangaande my geluk, is ek die ene gelukkigheid, en wil beslis nie my gelukkige middeljarige ouderdom verruil vir die gefrustreerde jongmens ouderdom van my jeug soos hierbo uitgebeeld nie.

    En ja Duitswester.  Ek het 'n suspisie jy is ook oor leer geprikkel, want hoeveel keer het jy nie in die verlede al na dit  soos jy dit hierbo doen, verwys nie?  Kom uit jou dop, en geniet die vryheid wat die lewe jou gratis aanbied.

    Jaco Fourie

  • "is almal mense wat op hulle seksuele  voorkeure geregtig is, en as sodanige, word deur my hulle reg daartoe gerespekteer, sonder enige voorbehoud."

    Sonder voorbehoud? Regtig? OK, dan is jy seker ook oopkop oor nekrofilie, bestialiteit en pedofilie ....

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter en Jaco

    Een ding wat ek net nie kan kleinkry nie is dat sommige gelowiges die idee in hulle kop het dat die regte van homoseksuele mense hulle eie regte inperk. Wouter sê die volgende: "... soms is dit geoorloof om kwaad te word vir die wat so wil voorskryf en almal se regte behalwe hul eie wil beperk". Word die regte van hierdie mense regtig beperk, behalwe dalk die reg (?) om bemoeisiek te wees.

    Ek dink dat die bydraes van Wouter die metodes van die fundamentalis pragtig demonstreer en dat hierdie optrede van hulle teen gegaan moet word met alles. As die mensdom ooit kom op 'n stadium dat die bygelowige glo aan gode afgeskud word, sal die skending van blinkoog kindertjies se regte om te leef in 'n wêreld sonder die indoktrinasie van volwassenes erken word vir wat dit was. Homoseksueles het uit gekom en vir almal gewys dat hulle nie die skuim is van die samelewing soos die kerk hulle altyd geskets het as nie. Dieselfde is besig om te gebeur met ongelowiges. Die fundamentalis is besig om homself in 'n hoek te verf met uitsprake wat nie ooreenstem met die realiteit nie. Niks gaan vinniger lei tot die ineenstorting van hierdie bankrot en onderliggend hatige lewensuitkyk van die fundamentalis as sy houding teenoor ander wat nie met hom saamstem nie. Onverdraagsaamheid is 'n euwel wat nie kan wegkruip vir lank agter die "liefdevolle" gesig van sy Jesus nie.

    Chris

  • Jaco, daar is geen groter vryheid as gehoorsaamheid aan G_d en die vryheid om my geloof uit te leef nie.

    Dit is die vryheid wat my mense nastreef van die begin af.

    Aan die ander kant Jaco, is jy 'n gevangene van jou eie keuses, ek hoop jy word wakker voor jy moet verantwoording gee.

    Ek groet

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, fundamentalisme nes intellektualisme, is gewis nie tot Godsdiens van watter aard ookal beperk nie. Ongelowiges soos jy se onverdraagsaamheid teenoor Godsdiens en ander se oortuiginge, is ewe fundamenteel en net so 'n groot euwel as dié van 'n homofoob ...

  • Duitswester

    Jy bly maar by jou gebreinspoelde mens-uitgedinkte mite van 'n g*djie soos jy hom spel, en ek bly by Jaco Fourie, die selfgemaakte mens wat ek is. Die ironie is dat jy, KdK en Neelsie hier op die Net praat van GOD, maar nie een van julle is van die ander se GOD verseker of oortuig nie, nieteenstaande dieselfde inligtingsbron, nl. die Bybel.    Almal weet ek, jy, Neels of KdK bestaan sonder dat ons mekaar ooit raakgeloop het, want ons weet elkeen afsonderlik 'n soortgelyke ontstaan het.  Alle bonatuurlike wesens het 'n menslike outeur wat hom/haar aan die  mensdom voorstel by wyse van skrywers soortgelyk in die Bybel of sieners, profete of waarseers.  Maw: Die mens is hul god se god, want die mens het god  uitgedink en aan die mensdom as sodanig voorgestel

    Ek het jou by herhaling uitgedaag om jou godsdienstige  oortuiginge hier op die Net onder die vergrootglas te plaas, en die het jy net so meermale vermy wat my heel duidelik laat weet, jy self is nie heeltemal oor jou "geloof" oortuig nie, want jy vrees jy sal in die weegskaal te lig bevind word.  KdK WEET ek is oor sy geloof oorluig, maar dit is waar dit net vassit, nl 'n GELOOF!

    Om gedurig net tussenwerpsel met enige gesprek, soos wat jy op die Net doen, in te gooi, is jy soos 'n lastige brakkie wat om die hakskene wil byt, maar vinnig wegvlug vir die skop. Maw:  Die ene blaf met geen byt.

    JvNk

    Lees weer.  Ek het hierbo geskryf: "So dit gaan nie net oor gay regte alleenlik nie, dit het te doen met almal se reg om sy eie voorkeur seks met ander INSTEMMENDES  te kan beleef".   Met Bestiality bestaan daar geen instemming nie.  Met Paedefelia bestaan daar geen instemming nie.  Minderjarige kinders kan nie instem sonder ouer of voog instemming daartoe nie, en geskied dit wel, is dit op die ou einde nie instemming tussen Paedofiel en kind nie.

    Maar ja.  Laat ons hoor wat jy te sê het oor al die ander seksuele voorkeure deur my genoem.  Dit behoort seker interesant te wees.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, gesprek met ware ongelowiges soos jy ontaard ook nes gesprek met ware gelowiges in onsin verval. Wat is nou die verskil tussen Kobus de Klerk se ware Christengelowige haat teenoor "agnostici", en jou ergerlikheid teenoor Duitswester hierbo? Wouter Ferns het my met dieselfde nyd vervolg en toe ek hom daarin antwoord, toe plak hy sy vreeslik pynlike prentjie totaal van die punt af om my in die verleentheid daarmee te probeer bring. Ek dink Duitswester is heel wys om enige van jul fundamentaliste (gelowig of ongelowig), se "uitdagings" te ignoreer...

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, wat presies probeer jy bereik? Hier kom staan jy en smeek basies dat iemand jou vertel om te fokof. Kan jy dit regtig so baie geniet om jouself jammer te kry?

  • Woer-Woer

    Ek kom nie agter dat KdK agnostici "haat" soos jy sê nie, net hulle  sieninge en beskouinge binne die raamwerk van sy godsdiensoortuiginge verfoei.  Dis sy konstitusionele reg wat ek respekteer.  Ten minste hy stel sy saak logies wat ek ook kan respekteeer, iets wat jy  in jou skrywes ontbreek.

    Jy gedra jou soos iemand wat aan 'n vervolgingswaansin ly.  Kobus; Wouter; Ek; en nog vele andere wat jou hier op die Net  in 'n hoek argumenteer, is nou kwansuis jou vyande, wat verbeelde leed aan jou wil doen.  Ek dink regtig jy hoort profesionele raad te soek.  Jy is besig om  'n gek van jouself hier op die Net met jou getoonde histeria te maak.

    Ek dink nie Duitswester sal van jou raad wil vra nie.  Jou voorstel aan hom stel hom net in die verleentheid.  Hy is mos mans genoeg om sy eie saak te stel sonder jou "twiet" nie.

    Jaco Fourie

  • Hello Chris, 

     
    Dit behoort nou duidelik te wees dat die verskil tussen my en Jaco hemelsbreed is wat die bespreking van die onderwerp betref. 
     
    Jaco is heeltemal in sy reg bevestig die vryheid van hom as die mens en die vervulling wat dit bring. In teenstelling daarmee is ek werklik vaal en droog en welgeval dit my. Ek wens soms ek het sy styl.....
     
    In persoon sal die nerd veel meer uitstaan as die gay persoon. 
     
    Waarop ek probeer fokus het, is die wetlike aspekte, die kulturele en dan dit wat deur religie onderbou word. 
     
    Daar is in die meeste liberale samelewings geen gronde meer staande waar die regte ontken kan word nie en dui dit op die goeie vordering wat die wetlike aspek daar stel vir die beskerming van die diversiteit in die samelewing. 
     
    Dit is altyd 'n uitdaging. 
     
    Religie is egter glad nie uit die prent nie en het nog steeds 'n kragtige houvas en is nog steeds 'n belangrike drywer van pogings om regte te beperk en te diskrimineer. 
     
    Onlangse voorbeelde deur my geplaas het verwys na Amerikaanse kerklike instellings wat 'n bose boodskap in Afrika kom versprei en direk in die politiek van die land inmeng. 
     
    Selfs in die VSA is daardie tendens opmerklik en is die samewerking tussen regressiewe politiek en eng religie 'n dodelike kombinasie in die stryd teen alle regte vir gay persone en moet daar steeds waaksaam gebly word. 
     
    Soos elders aangedui is die enigste aspek waarop ek nie nou duidelike antwoorde het nie, die kwessie van kultuur en is 'n antwoord daar nog uitstaande. 
     
    In die samelewings getoets kom dit voor asof die angel uit is wat godsdiens betref maar die poging sal voortgaan om tog 'hulle' wil te laat geskied. 
     
    Waar my simpatie op hierdie stadium is daardie lande, meestal weens godsdiens, waar die verwerping so hoog soos 97% is. 
     
    Dit bly kommerwekkend en al is Suid-Afrika se resultate 'n openbaring is hierdie nog steeds 'n vry samelewing, maar na dese probeer ek bepaal wie sal die ses uit die tien wees wat aanvoer homoseksualiteit moet verwerp word. 
     
    Daarom dan is ek in akkoord met jou stelling dat daar moet na die realiteit gekyk word so kompleks soos dit ook al is en die variasies wat in die formulering daarvan bestaan. 
     
    Dit is gebaseer hierop wat ek glo die toekomstige moraliteit gaan ontwikkel en selfs dan is daar weereens nie 'n enkele eenvoudige antwoord nie.
     
    Baie dankie vir jou duidelike stelling van ondersteuning wat jy onder die brief van Pieter geplaas het. Baie dankie daarvoor. 
     
    Dit sou nooit gedink word nie maar ek is glad nie die aktivis wat die stortvloed van briewe sou impliseer nie en is ek ook verbaas oor die hoeveelheid kommentaar wat ek oor die onderwerp geplaas het. 
     
    Waar is LRB om my weer in die bek te ruk. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top