Francois, ek hou van jou skrywes. Dit is egter duidelik dat daar iewers ’n skroef los is met jou denke, veral oor sleutel-kwessies.
Kom ons begin by jou verkeerde aanname oor Afrika en jou aanval ’n paar jaar gelede op my omdat ek die etiek van Afrika-leiers bevraagteken het. Dit is duidelik dat demokrasie net ’n nuwe betekenis beklemtoon word – veral in Wes-Afrika. Daar is toenemend druk op diktators soos Bob Mugabe om te gaan. Die ontwikkelinge in Noord-Afrika is ook nie vleiend vir jou denke nie. Dus, op die score verloor jou. (Een-stroop.)
Die tweede spel is jou gunsteling Sjina. Lande, vakbonde en burgerlike samelewing begin nou gatvol raak vir die nuwe imperialiste. Die klein geel mannetjies is in Afrika – nie om te gee nie – maar om te vat. En, soos hulle menseregte in Sjina skend, wil hulle dit ook hier doen. Tog begin lande meer krities raak. Lees hier. Al hierdie ontwikkelinge in ag geneem dink ek dit is wedstrydpunt.
Op ’n persoonlike basis dink ek Sjina is nie goed vir die wêreld nie. Die land se ontwikkelingsetiek is gegrond op spioenasie, diefstal en wanpraktyke op vele fronte, insluitend arbeid. Kyk hoe baie mynrampe is daar in Sjina. En die referring vee elke slag sy gat daaraan af. Die geel mensies het reeds ’n houding ingeneem, dat hulle die wêreld oordonder het.
Kyk jy op televisie wat Shangai voorhou, is dit morele verval. Tog in ’n groot gedeelte van Sjina krepeer mense.
Dit is dus tragies dat lande, insluitend Suid-Afrika, vir Sjina as ’n wêreldleier voorhou.
Dalk is hy die nuwe Pontius Pilates …
Yuri

